ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure dood toe sy motor ʼn lamppaal in Turffontein in Johannesburg getref het.
Alles vir die sleutelwoord "ER24"
Tiener sterf in steengroef
ʼn Vrystaatse seun, vermoedelik 16 jaar oud, is dood nadat hy Saterdag sowat 40 m ver in ʼn steengroef geval het.
Nog paramedici beroof
Minder as 24 uur nadat paramedici in Johannesburg met ʼn vuurwapen aangehou en beroof is, het ʼn soortgelyke voorval in die Wes-Kaap plaasgevind.
Foto’s: Sementtrok ploeg in nege motors in
Vyf mense is beseer nadat ʼn vragmotor Vrydagoggend tydens spitsverkeer in nege voertuie op die N1-snelweg in Johannesburg ingeploeg het.
Drie sterf in trompop botsing
Drie mans is dood en nege mense beseer in ʼn trompop botsing Donderdag op die R28 naby Vereeniging in Gauteng.
Jong man verongeluk op motorfiets
ʼn Jong man is dood toe hy Dinsdagoggend tydens ʼn botsing in Roodepoort, Johannesburg, van sy motorfiets afgeslinger is.
Bejaarde deur hond verskeur
ʼn Bejaarde man is Donderdagmiddag gedurende sy middagstappie op ʼn pad tussen kleinhoewes in die Carletonville-omgewing in Gauteng deur ʼn hond verskeur.
Ses sterf in afsonderlike ongelukke
Paramedici van verskeie nooddienste het Donderdagmiddag en Vrydagoggend hul hande vol gehad met minstens vier noodlottige ongelukke waarin ses mense dood is.
Man, vrou en baba sterf in ongeluk
ʼn Man, ’n vrou en ʼn baba is Donderdag in ʼn ongeluk naby Barberton in Mpumalanga dood.
4 jong mans sterf in gru-ongeluk
Vier mans is dood nadat die motor waarin hulle gery het Dinsdagoggend teen ʼn sportnutsvoertuig in KwaZulu-Natal gebots het.
Vrou sterf in Potch-botsing
ʼn Vrou is dood en verskeie mense beseer, nadat ʼn sportnutsvoertuig en ʼn bakkie Sondag naby Potchefstroom in Noordwes reg van voor gebots het.
Seun verdrink in swembad
ʼn Driejarige seuntjie het Dinsdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Vanderbijlpark verdrink.
Veiligheid- en gesondheidswenke vir die nuwe skooljaar
Met die nuwe skooljaar wat aangebreek het, is dit belangrik dat ouers, veral dié van jonger kinders, die veiligheid en gesondheid van hul kinders in ag neem. Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder, het ʼn paar gesondheid- en veiligheidswenke vir Maroela Media gegee wat ouers in gedagte kan hou dié nuwe jaar.
Man verdrink in see by Mosselbaai
ʼn 49-jarige man het Woensdagoggend by die Dias-strand in Mosselbaai in die see verdrink.
40 ontsnap uit brandende bus
Nagenoeg 40 mense het Maandag ternouernood aan die dood ontkom toe hulle uit ʼn brandende bus in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ontsnap het.
Tien topwenke vir veilige vakansieritte
Vakansietye gaan dikwels gepaard met ʼn hoë aantal padongelukke, sê ER24-woordvoerder Pieter Rossouw. Daar is egter nuttige wenke wat bestuurders in gedagte kan hou wanneer hulle die langpad aandurf
Swart Sondag op land se paaie
Minstens 23 mense is Sondag in twee afsonderlike ongelukke op die land se paaie dood.
44 beseer toe bus teen kant van berg bots
Altesaam 44 mense is Sondagaand beseer nadat ʼn bus in die Kranspoort-omgewing naby Middelburg in Mpumalanga teen die kant van ʼn berg gebots het.
Werkers beseer toe stroombreker ontplof
Drie mans is Donderdag in Maropeng, wes van Pretoria en Johannesburg, beseer nadat ʼn stroombreker waaraan hulle gewerk het, ontplof het.
[Foto’s] Twee verkool ná trokke bots
Twee mense is dood nadat twee vragmotors Donderdagoggend 20 km buite Bloemfontein gebots en aan die brand geslaan het.