Volgens Ramaphosa is hy daarvan bewus dat die voorstel dat standbeelde en monumente geskuif en hervestig word tot omstredenheid gelei het en dat gesê word daar is ʼn poging om die land se geskiedenis uit te vee.
Alles vir die sleutelwoord "Erfenisdag"
Erfenis is nie te vat
Die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, wil Afrikanererfenis in temaparke van skande plaas. Hy wil ons erfenis vat. Daar is duidelik ʼn misverstand. My erfenis word nie deur die minister besit nie.
‘Moenie jou erfenis verwaarloos’ – AfriForum
“Wanneer ons iets wil doen om ons erfenis te bewaar, hoef dit nie net om geskiedenis te draai of groot uitgawes te behels nie. ’n Mens kan ’n inheemse boom plant of ’n uilhuis oprig, ’n Afrikaanse boek lees of familiestaaltjies oorvertel.”
Só lyk weer vir Erfenisdag en langnaweek
Suid-Afrikaners in die sentrale en noordelike dele van die land kan Donderdag ’n warm en sonnige Erfenisdag verwag.
Erfenis: Onthou en onderhou dit só
Wanneer ek die terrein met sy erfenisskatte agterlaat, is dit met ʼn gevoel van optimisme en ywer. Voor in die wapad brand daar tog ʼn lig. Ek sal ook ʼn paar stene lê in die bou van die Nuwe Jerusalem.
Braai saam met Demi Lee en ander
By Monte de Dios in Pretoria gaan Demi Lee Moore asook Pieter Smith, die groep Held van Harte en Jemma ʼn vleisie op die kole gooi ter viering van Nasionale Braaidag op 24 September.
‘Ons is beter en sterker saam’, sê DA-leier
“Versoening beteken nie ons almal moet ons diversiteit prysgee nie. Dit beteken nie ons moet ons identiteit prysgee of om verskoning vra vir ons ras, kultuur of taal nie.”
‘Geen taal hoort tot die verlede’, sê Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het tydens die amptelike Erfenisdagviering in Upington in die Noord-Kaap die belangrikheid van taal beklemtoon.
‘Almal in SA se erfenis moet gerespekteer word’
“Een groep moenie probeer om sy eie gebruike en standpunte op ʼn ander af te dwing nie.”
Is braai ons enigste erfenis?
Die vraag ontstaan dan, is Erfenisdag slegs braaidag? Of gaan ons die dag gebruik om werklik oor ons erfenis te bepeins? Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Hoe leef ons met mekaar saam? Hoe gaan ons ons erfenis vars hou en daaraan bou sodat ons nooit mag vergeet dat ons land werklik besonders is nie?
Lesersbrief: Die debat in die parlement oor Erfenisdag
Die regering moet ʼn leidende rol speel en ʼn voorbeeld stel om alle kulture en tale te omarm en om Suid-Afrikaners sodoende te verenig – wat tog die doel van Erfenisdag is. Die sentraliteit van Engels ten koste van die inheemse tale en kulture moet bevraagteken word.
Respekteer mekaar se erfenisse, ook myne
Ons nasionale Erfenis is en sal slegs simbolies bly tot tyd en wyl daar ʼn eendragtige Suid-Afrika geskep word waarop Suid-Afrikaners trots kan wees. Ons nasionale erfenis behoort veel meer te wees as die sing van die nasionale lied voor groot internasionale byeenkomste.
Wenke vir ’n gesonder braai dié Braaidag
“Baie van die maaltye wat ons deel is met vriende en familie om die vuur, maar dít gaan dikwels hand aan hand met kos wat nie goed is vir ons harte nie.”
Afrikaners is plesierig, al bly hulle ver…
Ons is steeds Afrikaners. Juis die feit dat ons hier is, maak dit duidelik. Die kontras en andersheid van die mense maak wie jy is, vir jouself helder. Jy sien jouself in jou essensie. Jy sien ook duidelik wat jy nooit sal kan laat gaan of verloor nie. Ons bly Afrikaners.
VF Plus-jeug vier Erfenisdag en knap erfenisterreine op
“Ons moet weet waar ons vandaan kom, sodat ons kan weet waarheen ons op pad is. Baie erfenisterreine word verwaarloos en die waarde van die geskiedenis word onderskat.”
Podlitiek praat erfenis
Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in die besonder.
Die weer in jou streek dié langnaweek
Kyk hier of jy Maandag buite sal kan braai of dalk eerder binnenshuis ʼn ander plan moet maak.
Vier Erfenisdag by die Voortrekkermonument
“Die Erfenisfees gaan ’n heerlike gesinsdag vol interessante aktiwiteite en kultuurdemonstrasies wees.”
Nuuskommentaar: Rassisme agter miskenning van Afrika se argitektoniese erfenis?
“Indien die ANC-regering ernstig is dat hy nasionale kohesie wil bevorder, moet hy ophou om die verlede en die geskiedenis van die Afrikaner net sleg te maak.”
Erfenisdag
Eergister was Erfenisdag landswyd gevier. Die gedagte agter dié vakansiedag is dat Suid-Afrika se diverse gemeenskappe van die geleentheid gebruik moet maak om hul unieke kulture ten toon te stel.