Wanneer die gevaarlikste beroep in Suid-Afrika nie dié van ’n polisielid of brandweerman is nie, moet jy besef dat iets fout is. Wanneer die gevaarlikste beroep dié is van ’n persoon wat voedselsekerheid bevorder en werk skep, moet jy weet dat alles nie pluis is nie.
Alles vir die sleutelwoord "Ernst Roets"
Plaasmoorde-boek wys hoekom dit ‘unieke’ misdaad is
“Soms voel dit dat om ʼn plaasmoord te oorleef, is erger as om vermoor te word, want jy moet elke dag daarmee saamleef.”
‘Werkende mense uitgesluit by deelnameverhore oor onteiening’
“Dit is onverstaanbaar dat ’n proses van openbare deelname georganiseer word met die doel om die publiek se insette oor onteiening van privaat eiendom te kry, terwyl die einste mense wat die risiko loop om hul eiendom te verloor by die proses uitgesluit word.”
‘Tainted Heroes’ begin in Januarie in teaters draai
Tainted Heroes, die dokumentêre rolprent wat die gebruik van geweld deur die ANC en ander bevrydingsorganisasies in Suid-Afrika illustreer, word vroeg volgende maand bekendgestel.
AfriForum verkla Mantashe en Duarte by die polisie oor OB
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sowel as Jesse Duarte, die adjunk sekretaris-generaal, aanhangig gemaak.
Woede oor Die Stem is misplaas
Sosiale media is aan’t gons sedert Steve Hofmeyr ’n polities inkorrekte daad gepleeg het deur Die Stem by ’n konsert te sing. Die debat oor óf die sing van die vorige nasionale lied die land verdeel, of nie, is egter misplaas omdat dit die aandag aflei van die harde sake wat Suid-Afrikaners werklik verdeel.