Nadat die uitspraak gelewer is, het die beskuldigde se familie mekaar omhels terwyl trane oor hul wange gerol het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Esbé Koster"
Esbé Koster-moord: ‘Ek kan nie glo hy kon só ʼn misdaad beplan nie’
Die Pretoria-hooggeregshof het Woensdag gehoor dat die Rabboni Christian School in Brits se adjunk- en dissiplinêre hoof tot vandag toe nie kan glo dat Keorapetsa “Tshabi” Tshabalala in staat was tot die moord op Esbé Koster, destyds die sekretaresse van die skool, nie.
Esbé Koster-moord: Beskuldigde vertel hy was ‘bang’
Die beskuldigde se pa was ook in die getuiebank en het gesê sy seun het die aand van die moord vreemd opgetree deur op te spring asof iets hom pla, te weier om sy aandete te eet en op en af in die gang te loop.
Esbé Koster-moord: Transkripsie steeds nie gereed
Esbé Koster se liggaam is op 22 November 2016 langs die Ou Lethlabile-pad naby Brits gevind.
Esbé Koster-moord: 18-jarige terug in hof
Marius du Toit, Pooe se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media verduidelik indien die beskuldigde se getuienis wel verkeerd vertolk is, skep dit ʼn wesenlike probleem en sal daar vrae ontstaan rondom al die getuienis wat gelewer is die dag wat dié betrokke tolk aan diens was.
Esbé Koster-moord: Kruisondervraging kortgeknip
Die verhoor van Rethabile Pooe (18), die man wat aangekla word van die moord op Esbé Koster (50) van Brits in Noordwes, moes Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel word weens ʼn probleem rondom die vertolking van getuienis.
Esbé Koster-moord: ‘Ek het omgedraai, ek wou nie kyk nie’
“Hy het die wapen op haar gerig en ek het my rug gedraai. Ek wou nie kyk nie… Ek het twee skote gehoor. Toe ek omdraai het ma’am uit haar kop uit gebloei.”
Esbé Koster-moord: Hof sê oor aansoek om ontslag
Die verdediging in die saak teen Rethabile Pooe (18), wat aangekla word van die moord op Esbé Koster, die destydse sekretaresse van die Rabboni Christian School, het Donderdag die verrigtinge in die Pretoria-hooggeregshof begin deur ʼn aansoek om ontslag vir Pooe in te dien.
Esbé Koster-moord: Verdediging wil aansoek doen om ontslag
Die hof het Woensdag gehoor dat Tshabalala vir die ondersoekbeampte gesê het hulle wou Koster se motor kaap, want “hulle het gehou van hoe dit ry”.
Esbé se moordenaar ‘was nie moeilikheidmaker’
Tshabalala het Dinsdag in sy getuienis erken hy is twee keer uit die skool geskors “omdat hy ʼn slegte groep vriende gehad het”, asook dat hy met dagga in sy besit op die skoolterrein betrap is.
Esbé Koster-moord: ‘Sê vir haar familie ek is jammer’
“Mag ek asseblief een ding vra, edelagbare? Sal u asseblief my verskoning aan die Koster-familie oordra?”
Esbé Koster-moord: Beskuldigde vertel oor moord
Die beskuldigde beweer hy het gehoor hoe word die vuurwapen oorgehaal en sy vriend het glo gesê: “Change of plans. We are taking this car, this is a hijacking.”
Esbé Koster-moord: Skieter gebruik vuurwapen ‘soos in die flieks’
“Dit was die eerste keer wat ek ʼn vuurwapen afgevuur het. Ek was bang, want sy het met uitgestrekte arms na my toe gekom.”
Esbé Koster-moord: ‘Dit was ʼn ware tragedie’
“Dít was die gedrag van ʼn geharde misdadiger. Dit is verbasend dat hy [ten tyde van die moord] net 16 jaar oud was.”
Esbé Koster se moordenaar gevonnis
Die jong man wat erken het dat hy Esbé Koster (50), ʼn sekretaresse van ʼn skool in Brits in Noordwes, koelbloedig vermoor het, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.
Esbé Koster se moordenaar nié gevonnis
Die jong man wat skuldig bevind is aan die koelbloedige moord op Esbé Koster (50), ʼn sekretaresse van ʼn skool in Brits in Noordwes, het Donderdag weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.
Só is Brits-vrou vermoor
“Ek erken dat, toe ek haar geskiet het, dit my bedoeling was om haar dood te maak.”
Twee in hof ná Brits-vrou se skietdood
“Sy sou net [vir haar aanvallers] gesê het vat maar die motor.”
Brits-moord: ‘Sy sou nie eers terugbaklei het nie’
“Ek wil hulle in die oë kyk. Daar is nie veel meer wat ek kan doen nie, maar dít gaan ek doen. Ek is verskriklik kwaad. Ek huil van hartseer en woede dat hulle iemand kon wegvat wat net goed vir ander was.”
Brits-moord: Leerder steel glo pa se vuurwapen
Twee jeugdiges verskyn vandag in die Brits-landdroshof in verband met die moord op Esbie Koster (50).