Die regering se poging om die kragvoorsiener Eskom reg te ruk, het hierdie week onder leiding van adjunkpresident David Mabuza begin.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Beurtkrag dalk vandag weer terug
“Ons herinner ons kliënte dat beurtkrag ʼn beheerde maatreël is wat die kragstelsel beskerm en verhoed dat dit heeltemal in duie stort.”
‘Optimum is uit Glencore se hande geboelie’
“Nou dat mens terugkyk, was dit eintlik maklik om die legkaartstukke inmekaar te pas. Ons was geskok om te sien wat in die Openbare Beskermer se staatskapingverslag aan die lig gekom het.”
Molefe blameer vir Optimum-myn se ondergang
“Dit was soos om met ʼn baksteenmuur te onderhandel. Dit was nie ʼn bespreking nie, dit was ʼn posisie. Ons het mense by Eskom hieroor uitgevra en hulle was net so verward soos ons.”
Kommissie hoor oor Eskom se ‘ongewone’ steenkoolkontrakte
“Dit is nie ʼn gewone transaksie nie, maar as dit korrek bestuur word, glo ek dat dit sin maak, want jy bou ʼn kragstasie net daar by die hulpbron. Die koste-plus is nie vreemd nie … kyk eerder daarna as ʼn vennootskap.”
Kommissie hoor oor ‘ongerymdhede’ met Eskom-steenkool
Mark van der Riet, Eskom se beste steenkoolspesialis ooit, sou destyds na Brakfontein reis om te sien hoe die steenkoolmonsters versamel word, maar kort voor dit het Matshela Koko, uitvoerende hoof van Eskom, glo aan Van der Riet gesê om nié te reis nie.
Eskom steeds onder soeklig voor Zondo-kommissie
Die werksaamhede van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is vanoggend voortgesit nadat Jabulani Mabuza, voorsitter van Eskom, se getuienis Maandagmiddag afgesluit is.
Mboweni se balanseertoertjie
Dat Mboweni die probleem van die oneffektiewe staatsdiens wat die begroting dreineer, pak, en dat hy die vermindering van poste en die vermindering van voordele in vooruitsig stel, is uiters noodsaaklik, maar ook besonder dapper in ’n verkiesingsjaar.
Eskom is van buite Eskom bestuur, sê Mabuza
Jabulani Mabuza, voorsitter van Eskom, het Maandag aan die Zondo-kommissie gesê belangrike besluite oor die kragvoorsiener is geneem deur mense wat nie binne die aangestelde strukture gestaan het nie.
Is regstellende aksie, prestasie en minderwaardigheid verbind?
Hoe lig jy jouself op uit so ’n situasie? Hoe herwin jy jou menswaardigheid en skud die gevoel van minderwaardigheid af? Afrikaner het ‘n goeie begrip hiervan en kan ander mense help, skryf dr. Pieter Mulder.
Eskom draai brieke aan met regstelaksie
“Dit is niks anders as ʼn soort moratorium op regstellende aksie midde ʼn krisis nie.”
‘Eskom was die hoofverhoog in die teater van korrupsie’
“Dit word korrupsie genoem. Die naam is korrupsie en die speletjie is tenders.”
Gordhan se nuutste planne vir Eskom
Meer ingenieurs vir die Eskom‑bestuur is een van die planne wat minister Pravin Gordhan op die spyskaart geplaas het om die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener te probeer regruk.
Kredietagentskap sal dan oor gradering sê
Die president van die SA Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê egter plaaslike banke kan ’n afgradering suksesvol weerstaan omdat hulle goed gekapitaliseer is, konserwatiewe leierskap het en die sentrale bank se weerstandstoetse geslaag het.
‘Vrystaat grootste wanbetaler van Eskom-rekeninge’
Volgens Maimane skuld net drie munisipaliteite in die Vrystaat altesaam meer as R5 miljard aan die sukkelende kragvoorsiener.
Vonke spat in parlement se Eskom-debat
Die vonke het vanmiddag behoorlik gespat in die Nasionale Vergadering toe ’n debat oor Eskom plaasgevind het.
‘Pos Gordhan oor Eskom’
“Die gevolge sluit in afleggings, die sluiting van besighede, spookdorpe veral in Mpumalanga en tariefverhogings veel hoër as wat bekostigbaar is vir mense wat minimumloon kry.”
Staat gee R230 miljard vir Eskom oor volgende dekade
Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag aan LP’s gesê die nasionale tesourie gaan oor die volgende dekade na verwagting nog R230 miljard in Eskom inpomp.
Honderde oud-Eskom-werknemers wil kragreus help
“Ons is nie meer jonk nie, maar ons wil so graag help. Ons tyd om te help hardloop eintlik uit. Ons sit met soveel kennis en vaardighede wat ons steeds saam met ons dra van ons jare by Eskom.”
Geld kom die land binne, maar skuld styg
Buitelandse beleggings het Suid-Afrika binnegestroom, maar dit is nog heeltemal te min om op te maak vir die miljarde rand skuld wat die land het.