Hy is in November verlede jaar die eerste keer geskors ná bewerings van ernstige wangedrag.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
NUM wil teen Eskom-privatisering en afleggings betoog
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Woensdag gesê hy sal na die Uniegebou in Pretoria opruk om teen onafhanklike kragprodusente (IPP’s), afleggings, die privatisering van Eskom en die sluiting van kragstasies en steenkoolmyne te betoog.
Eskom hof toe gevat om dorpe landwyd se krag aan te hou
“Ons kan nie toelaat dat betalende elektrisiteitsverbruikers se krag afgesny word net omdat een arm van die staat, ’n plaaslike munisipaliteit, nie sy rekeninge aan ’n ander arm van die staat, Eskom, betaal nie.”
Die horings van die energiedilemma
Thembisile Majola, adjunkminister van energiesake, het haar in ’n onlangse onderhoud met Stephen Sacker van die BBC se Hardtalk tussen die horings van die Suid-Afrikaanse energiekrisis bevind.
Sonkragaangedrewe kragstelsel in Ficksburg aangeskakel
Eskom het ʼn sonkragaangedrewe klein-kragstelsel op Wilhelmina-plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeskakel.
DA dreig met regstappe oor Chinese lening aan Eskom
Dié keerdatum is reeds verstreke en die bepalings en voorwaardes van die lening bly “verdag geheim”.
Nóg ʼn Eskom-raadslid pak sy tasse
Nóg ʼn Eskom-raadslid het Vrydag by die kragvoorsiener bedank, glo weens ʼn konflik van belange.
Maatskappynuus: Exxaro wil nog steenkool lewer; Steinhoff-sage wil nie gaan lê
Exxaro verskaf tans steenkool aan die Medupi-, Matla- en Matimba-kragsentrales. Dit beoog om ʼn korttermynooreenkoms met Eskom aan te gaan om aan die kragvoorsiener se nypende behoeftes te voorsien.
Nog ʼn Eskom-hoë bedank
Sy bedanking kom dae nadat die uitvoerende hoof van ʼn filiaal van Eskom ook bedank het.
Herstelwerk sal maande duur ná ongeluk by Eskom-kragstasie
“Die verlies van eenheid 5 sal ʼn negatiewe impak op die kragnetwerk hê gegewe dat Lethabo-kragstasie een van die koste-effektiefste opwekkers is.”
Eskom-werker dood in brand
“Ons betuig ons meegevoel aan vriende en familie en bid vir die spoedige herstel van die beseerde kollega.”
Brand by Eskom se Lethabo-kragstasie
Eskom stel ondersoek in oor ʼn brand Woensdagmiddag by eenheid 5 van die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat.
Hoof van Eskom-filiaal bedank
Dladla se bedanking kom ná 23 jaar diens.
Man sterf by Kusile-kragstasie
Die man het glo net meteens inmekaargesak en toe gesterf.
Beurtkrag dreig weens steenkooltekort
“Hulle kon ten minste vroeër begin het om geleidelik steenkool tussen kragsentrales rond te skuif, maar dit het helaas ook nie gebeur nie.”
Eskom-bates nié sekuriteit vir China-lening, sê Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag volgehou dat Eskom nie die bepalings van sy lening van R33 miljard met die Chinese ontwikkelingsbank (CDB) bekend kan maak nie, maar in die geval van agterstallige betalings sal daar nie beslag gelê word op bates nie.
Maimane eis inligting oor Eskom-China-lening
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die besonderhede van ʼn R33 miljard se leningsooreenkoms tussen Eskom en die Chinese ontwikkelingsbank moet bekend gemaak word.
Eskom: Daar is goeie en slegte nuus
Daar is vandag goeie nuus vir verbruikers aan die Eskom-front. Dit word egter gedemp deur meer slegte nuus van die staatsbeheerde maatskappy wat meer geld van vuisvoosverbruikers soek.
Eskom-stakings kom tot ʼn einde
“Ons bedank ons lede wat dissipline gehandhaaf het ondanks uiterse uittarting deur die werkgewer.”
Eskom dagvaar Trillian oor R600 miljoen
Eskom sal Trillian, ʼn maatskappy wat met die berugte Gupta-familie verbind word, later vanjaar vir R600 miljoen dagvaar in ʼn poging om die geld terug te kry, het uitvoerende hoof Phakamani Radebe Dinsdag aan LP’s gesê.