Eskom het Woensdag op skerp kritiek gereageer deur aan te voer dat die dissiplinêre verhoor van Matshela Koko, die geskorste uitvoerende hoof van Eskom, “regverdig, professioneel en deursigtig” is.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Zuma en speaker vergader oor omkoperybewerings teen minister
Minister Bongani Bongo word daarvan beskuldig dat hy die voorsitter van ʼn parlementêre ondersoek oor staatskaping by Eskom, wou omkoop.
Molefe dán in hof oor ‘onregmatige pensioen’
Daar word geëis dat Molefe en die Eskom-raadslede in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word vir regskoste.
SA is op die rand van ʼn kernkrag-afgrond
Die ANC het planne om seshonderd miljard rand (ander berekeninge plaas die syfer op eenduisend miljard) êrens uit te krap vir nuwe kernkragstasies. En dit terwyl ons (a) nie die krag nodig het nie en reeds met ʼn Eskom-oorskot van 10% sit en (b) daar internasionaal sterk stemme opgaan teen die nadele van kernkragstasies.
Eskom-ondersoek: ‘Komitee en getuies kort beskerming’
Natasha Mazzone, die DA se lid op die komitee, is onlangs agtervolg en daar is met haar voertuig gepeuter.
Molefe hof toe gesleep oor pensioen
Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het probeer voorhou die uitbetaling was ʼn foutjie, maar nou word hy hof toe gesleep.
Brown ontken Gupta-broer en vennoot was by haar huis
“Ek weet nie van die gesprek nie, hoekom vra jy nie die president nie?” het Brown gesê.
Gupta-broer het my geïntimideer, sê oud-Eskom-voorsitter
Tony Gupta, een van die broers wat geïmpliseer word in bewerings van staatskaping in Suid-Afrika, sou die voormalige raadsvoorsitter van Eskom vra vir sakegunste, en as hy geweier het, het Gupta gedreig om hom by uBaba aan te meld, het LP’s Woensdag gehoor.
Skokgetuienis oor Zuma, Myeni en Gupta-broer se inmenging by Eskom
Volgens Tsotsi het Tony Gupta vir hom gesê: “Voorsitter, jy help ons met niks. Ons is die een wat jou in dié posisie gesit het, ons is die een wat dit van jou af kan wegvat!”
Staat mag nié monopolie op kragopwekking hê, sê groep
“Ons verwerp die idee dat die staat ʼn monopolie op elektrisiteitsopwekking behoort te hê. En ons weier om te maak asof dit sogenaamd billik, doelmatig of redelik is om een staatsinstansie, met verwysing na Nersa, toe te laat om pryse vas te stel.”
Siviele saak kom dalk teen Eskom ná werker se moord
Thembisile Yende is na bewering vermoor omdat daar gevrees is dat sy inligting oor ʼn koperkabeldiefstal-sindikaat sou bekendmaak.
‘Guptas geraadpleeg oor Eskom-hoof se skorsing’
“Khoza het vir my gesê minister Brown is ‘gekaap’ en sy rapporteer aan die Guptas.”
Staatsinstellings en die waarde vir belastinggeld
ʼn Verslag is saamgestel oor die waarde wat staatsinstellings belastingbetalers vir hul geld bied.
Gauteng ANC-munisipaliteite skuld Eskom meer as R500 miljoen
Verskeie ANC-munisipaliteite in Gauteng skuld Eskom meer as R500 miljoen, het DA-LP Ashor Sarupen Sondag gesê.
Martins kap terug oor Gupta-bewerings
Ben Martins, adjunkminister van openbare ondernemings, het Donderdag bewerings dat hy op 29 Julie vanjaar met Ajay Gupta en Duduzane Zuma vergader het as “nonsens” bestempel, maar kon nie bevestig wat hy op dié dag gedoen het nie.
LP’s hoor Gupta wou Molefe-hofsaak beïnvloed
“Dit het gevoel asof ek in ʼn fliek is. Ek het gebid dat hulle my nie doodmaak nie, want ek het gedink ek het in ʼn lokval ingestap.”
Molefe ‘moes nooit Eskom-pensioenlid gewees het’
Hy het vroeër verduidelik hoe Eskom opdrag gegee het dat ʼn bykomende 156 maande bygevoeg word by die werklike 16 maande wat Molefe in diens van Eskom was.
Dié dorp volgende op die lys vir kragonderbrekings
“Dit tree boonop in werking op 6 Desember, wat in die feesseisoen is,” het Grobbelaar gesê.
Nuuskommentaar: Staatskaping kry gestalte
In die parlement is begin om een van die staatskapingrafels, Eskom, los te torring, en dit is nie ’n mooi prentjie wat ontvou nie. En hef aan lê nog voor.
Oud-Eskom-hoof: ‘Ek is aangesê om Gupta-broer te ontmoet’
“Hy het die vergadering gereël waarvan ek deel was; dit was ʼn baie vreemde vergadering.”