Suid-Afrikaanse owerhede het ingegryp om vliegtuie soortgelyk aan die een van die Ethiopiese Lugdiens wat verlede maand geval het, te onttrek, het die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, in die parlement laat blyk.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ethiopië-vliegtuigongeluk"
Boeing ontwikkel nuwe sagteware vir 737 Max-vliegtuig
Boeing het nuwe vlugbeheersagteware ontwikkel vir sy vloot 737 Max-vliegtuie ná onlangse vliegtuigongelukke in Ethiopië en Indonesië, het die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) Woensdag gesê.
Vliegongeluk: Leë kiste en sakkies grond vir families van slagoffers
Sakkies grond is aan familielede van die slagoffers oorhandig in plaas van die oorskot van hul geliefdes, omdat die identifikasieproses na verwagting lank sal duur.
Kenners ondersoek vlugopnemer ná vliegtuig val
Kenners in Parys, Frankryk, het met tegniese werk begin op die vlugopnemer van die Ethiopian Airlines-vliegtuig wat kort ná dit opgestyg het, neergestort het.
Lugredery wat ook SA bedien gebruik omstrede Boeing
Dié lugredery het einde verlede maand die eerste van agt Boeing 737 MAX 8-vliegtuie op bestelling ontvang.
Talle vrae oor nuwe Boeing ná ongeluk
Parallelle word getrek met die Lion Air-vliegtuigongeluk van Oktober verlede jaar waartydens dieselfde Boeing gebruik is as in Sondag se ongeluk.
Foto’s: ‘Vlieënier wou terugdraai’ voor vliegtuig val
“Uit die rekords van die lugverkeerbeheerbeamptes is vasgestel die vlieënier het gesê hy ervaar probleme en wil terugdraai en hy is toestemming gegee om terug te draai na Addis Abeba.”
Geen oorlewendes ná vliegtuig val
Volgens die staatsuitsaaier EBC was passasiers van 33 verskillende nasionaliteite op die vliegtuig.
Vliegtuig val met 157 mense aan boord
Die lugredery sê ʼn soek-en-reddingsoperasie is tans aan die gang en ʼn dodetal of getalle van oorlewendes kan nie onmiddellik bevestig word nie.