Die gesloer met die herskikking van die Europese Pro12-reeks om twee Suid-Afrikaanse spanne te huisves, “het in ʼn chaos, ʼn absurditeit en ʼn totale harwar ontaard”.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Europese Pro12-liga"
Vier Springbokke help Toulon tot in eindstryd
ʼn Agttal met vier Springbokke in het Vrydag die grondslag vir Toulon se oorwinning teen La Rochelle in die een halfteindstryd van die Franse Top14-liga help lê.
Gewese Cheetahs-speler kry 21 in Franse liga
Die gewese Blou Bull Riekert Hattingh se 24-tal verlede week in die Amerikaase Middewesteliga is hom byna Sondag in die Franse Top14-liga deur ʼn gewese Cheetah nagedoen.
Gebore Bolander druk drie keer in Europese liga
ʼn Gebore Bolander het Saterdag ʼn driekuns vir die Walliese streekspan Scarlets (Llanelli) in sy wedstryd teen die Italiaanse klub Benetton Treviso in die Europese Pro12-liga aangeteken.
Ruan Pienaar met knal terug ná besering
Ulster se Springbok-skrumskakel, Ruan Pienaar, het sy terugkeer na die Europese Pro12-liga met `n dawerende knal aangekondig.
Springbok druk twee keer vir Ierse span
Twee drieë deur `n Springboksenter het die Ierse provinsie Munster Vrydag gehelp om die Walliese streekspan Newport Gwent Dragons (NGD) 45-17 af te ransel.