Die krisis in Turkye is nie uniek nie en ’n land soos Suid-Afrika kan saam met ander ontwikkelende lande soos Mexiko en Argentinië ’n paar belangrike lesse hieruit leer.
Alles vir die sleutelwoord "Europese Unie"
Switserland: ʼn idille met krake
Switserland het, soos in die vorige artikel beskryf, ʼn trotse geskiedenis, sterk federale en diep demokratiese strukture en is ekonomies voorspoedig, maar talle uitdagings staar dié land in die gesig en hy is besig om sy uniekheid te verloor.
Theresa May en die Brexit-spook
Die Britse eerste minister, Theresa May, se wollerige uitspraak op haar pas afgelope besoek aan Suid-Afrika, dat sy grondhervorming in Suid-Afrika ondersteun – solank dit net wettig is, was maar erg teleurstellend.
Switserland se merkwaardige geskiedenis
Min ken egter die merkwaardige geskiedenis en die feit dat Switserland altyd die uitsondering in Europa was: ʼn homogene ministaat te midde van groot multi-etniese ryke, ʼn sterk federale demokrasie in tye van sentralistiese absolutisme en vandag feitlik die enigste land binne Europa wat hardnekkig weier om deur die Europese Unie ingetrek te word.
Nuwe woelinge oor die Brexit
Die Britse regering onder eerste minister Theresa May stoei nou al geruime tyd oor die toepassing van die Brexit-besluit oor uittrede uit die Europese Unie (EU). Die strydpunt is of dit ’n “sagte” of ’n “harde” Brexit moet wees.
Nóg ministers bedank in protes teen Brexit-plan
Nog twee van die Britse premier, Theresa May, se senior ministers het bedank in protes teen May se Brexit-onderhandelingsplan.
Meer politieke leiers wil onwettige immigrasie na Europa stop sit
Die immigrasiedebat is besig om die belangrikste saak in Europa te raak. Die een krisisberaad ná die ander van Europese Unie-lidlande slaag nie daarin om met ’n omvattende oplossing vorendag te kom nie.
’n Deurbraak in die EU-migrantekrisis?
Selfs al kom geen nuwe migrante meer na Europa nie, bly die hantering van miljoene wat reeds daar is en wat geensins geïntegreer kan of wil word nie, vir die komende dekades ’n kopseer vir Europa en veral vir Duitsland.
Erdoğan se verkiesingsoorwinning slegte nuus vir Weste en demokrasie in Turkye
Turkye het Sondag ’n stap weg van demokrasie gegee toe die outoritêre leier, Recep Tayyip Erdoğan tot ’n vyfjaartermyn as president verkies is.
Merkel wankel ná Beierse opstand
Mense leef in ’n nuwe Weste. Die temas van identiteitspolitiek en veiligheid is nou ook in Duitsland in die hoofstroom. Die politiek sal ook ná Merkel gepaardgaan met diep verdeelde kampe en emosionele debatte hieroor.
Ook Slowenië gee verkiesingsoorwinning aan anti-immigrasie party
Slowenië het die soveelste Europese land geword om in ’n redelike kort tyd ’n oorwinning aan ’n anti-immigrasie regse party by die stembus te gee.
’n Nuwe regering vir Italië
Ná bykans drie maande se vrugtelose onderhandelinge tussen die drie uiteenlopende partye oftewel alliansies wat op 4 Maart vanjaar tot die Italiaanse parlement verkies is, kon uiteindelik ’n regeringskoalisie uit die Vyfsterbeweging (Movimento Cinque Stelle [M5S]) en die regspopulistiese Lega tot stand kom.
Vryhandelsooreenkoms tussen 44 Afrikastate
’n Mens hoop dat iets van hierdie ooreenkoms kom, alhoewel die ondervinding eerder skepties maak. Groot woorde en planne het al uit Afrika gekom en min het daarvan gekom wat tasbaar en tot voordeel van die mense is.
Regse blok en populiste wen Italiaanse parlementsverkiesing
Die pas afgelope Italiaanse parlementsverkiesing het twee groot oorwinnaars opgelewer, naamlik die sentrum-regse blok met sowat 37% en die populistiese Movimento 5 Stelle (Vyf Sterre Beweging) met 32% van die stemme wat uitgebring is.
‘Groot koalisie’ sonder geloofwaardigheid
Al twee partye sal ʼn duur prys betaal vir ʼn hernuwing van die ongewilde koalisie, maar dit kan veral vir die SPD tydens die volgende verkiesing dodelik word.
Gebeure in Oos-Europa versterk verdeling in EU
Die verdeling in Europa het duidelik by sy bron te make met identiteit en waardes. Oos-Europese lande is opnuut besig om hul historiese Christelike karakter te herbevestig.
Wes-Europa groet era van sterk, stabiele regerings
Die era van sterk regerings in Wes-Europa is vir eers verby. Kiesers het genoeg gehad van ’n permanente regeerderklas wat die wil van die burgery ignoreer. Die versplintering van partye en verlies aan steun deur die ou groot partye open ’n era van moeilike koalisies en eerlike politieke debat in Europa.
Wat die wêreld van Suid-Afrika weet en (nie) wil weet (nie)
Samevattend is dit dus nodig om realisties te wees oor internasionale bande – dit gaan geen kitsoplossings bied vir ons probleme in Suid-Afrika nie, maar bly noodsaaklik omdat dit wel een van die stene is waarmee die pad na oplossings gebou word.
Frankryk: Nasionaliste wen ver in Korsika
In die streeksverkiesing op die eiland Korsika het die nasionalistiese blok ver gewen en net-net die volstrekte meerderheid gemis.
Kan Brexit die Noord-Ierse konflik heraktiveer?
Teen dié tyd is die meeste waarnemers bewus van presies hoe ’n komplekse proses dit is vir Brittanje om hom van die Europese Unie los te maak. En Brittanje was nooit eens volkome geïntegreer nie deur sy eie geldeenheid, die pond, te behou.