Red Bull het eerste en tweede oor die wenstreep in Saoedi-Arabië gejaag, terwyl Fernando Alonso ook weer sy bestuurvernuf ten toon gestel het.
Alles vir die sleutelwoord "F1"
Lewis sê hy sal nie hensop
“Mercedes ondersteun my al sedert my 13de verjaardag. Ons het verlede jaar ʼn moeilike jaar gehad en ek is steeds deel van die opset.”
Red Bull het vlerke, maar 23 wedrenne is ʼn marathon
“Ons aanvaar niks as vanselfsprekend op die renbaan nie,” het Christian Horner gesê nadat George Russell aangevoer het dat Red Bull vanjaar elke wedren behoort te wen.
‘Nie gedink ons gaan só mededingend wees’ – Alonso
Fernando Alonso kon kwalik sy vreugde beteuel toe hy in die derde plek oor die eindstreep in die Bahreinse Grand Prix gejaag het.
Een en twee vir Red Bull in Bahrein
Fernando Alonso was ʼn derduiwel agter die stuur van sy Aston Martin en die 41-jarige Spanjaard het die wedren in die derde plek afgesluit.
Vlieënde Max spring vandag eerste weg
Sergio Perez staan tweede op die wegspringrooster, gevolg deur die Ferrari’s van Charles Leclerc en Carlos Sainz.
Renmotors gaan weer vuur spoeg in Bahrein
Lewis Hamilton jag steeds sy agtste wêreldtitel; ʼn prestasie wat hom nou al vir ʼn paar seisoene ontwyk.
Melbourne kry lekker DRS-hupstoot
“Dit gaan die vinnigste wedren ooit wees.”
Leclerc wil Ferrari se enjintoere opjaag
“Die uiteindelike doelwit is om te wen en ek kan nie wag om weer agter die stuur in te skuif nie.”
Max jaag weer kampioenskapglorie
“Drie is beslis my gunstelingnommer.”
Charles kan ʼn grote word
Felipe Massa meen dat Charles Leclerc met die bestes kan saamgesels. Die Monaco-boorling is ongetwyfeld Ferrari se sterkste aanvalswapen in die wedloop na F1-glorie.
Perez wil die pap dik aanmaak
“Ek voel dat ek tans op my beste is en ek sal alles in die stryd werp om die nuwe seisoen op ʼn hoë noot te begin.”
‘Goed, beter, Max,’ sê Horner
Volwassenheid saam met waagmoed en bewese bestuursvernuf sorg vir ʼn gevaarlike kombinasie agter die stuur van ʼn Red Bull-vuurwa.
Spanhoofde se F1-stoeledans
Vergeet maar vir eers van daardie uitskakelspeletjie wat senuweeagtige deelnemers, ʼn paar stoele en musiek behels; dit is veel interessanter om die avonture van Formule Een se spanbase dop te hou.
Fred moet nou Ferrari se vuur stook
As die nuwe spanhoof het Fred Vasseur gʼn maklike taak wat op hom wag nie: Hy sal moet toesien dat Red Bull se vlerkies geknip word en dat die perd van Ferrari weer op die groot verhoog pronk.
Super Max gee sy spaarvarkie ook vlerke
Lewis Hamilton swaai sedert 2013 die septer op Forbes se lys van hoogsbetaalde F1-renjaers, maar Max Verstappen het hom vanjaar ook in dié resies verbygesteek.
Lewis se ‘annus horribilis’ op die renbaan
Die Britse renjaer kon vir die eerste keer in sy loopbaan nie daarin slaag om heel voor op die wegspringrooster te staan, of ʼn wedren te wen nie.
Rosberg besing Verstappen se lof
“Max het 146 punte meer as enigiemand anders op die jaerspunteleer en dit is beslis een van die beste individuele pogings wat ons waarskynlik ooit sal sien.”
Max eerste in Seb se laaste ren
“Ek gaan F1 baie mis, maar ek weet ook dat daar baie belangriker dinge in die lewe is as om in sirkels rond te jaag,” het Sebastian Vettel ná sy finale wedren gesê.
Haas en Mick se paadjies skei
“Mick het gereeld in sy vennootskap met Haas bewys dat hy oor die nodige potensiaal beskik, maar dit het nie eintlik saak gemaak wat hy doen nie; die span en Guenther Steiner was net nooit tevrede nie.”