By een van die 11 munisipaliteite in Gauteng is die helfte van die steundiensteposte vir senior bestuurders vakant.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Faith Muthambi"
Muthambi verwerp verslag oor inmenging by SAUK
Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, het Dinsdag ʼn verslag, waarin bevind word dat sy ingemeng het met redaksionele besluite by die SAUK, verwerp.
Ouma se advies aan die ANC
“As jy ’n pynlike abses toeplak, word dit net erger. Die beste oplossing is om die abses oop te steek sodat al die gemors kan uitkom. Dan word dit gouer gesond,” was ouma se praktiese advies.
‘Faith Muthambi moet gedagvaar word’
LP’s van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie het besluit om minister Faith Muthambi te dagvaar, nadat sy Dinsdag nie by ʼn parlementêre vergadering opgedaag het nie.
Muthambi ontken sy gee poste vir familie
Volgens die berig het sy ooms, nefies en niggies aangestel as ondersteuningspersoneel, motorbestuurders en adjunkdirekteure.
Outa lê klag van hoogverraad teen Muthambi
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Maandag aangekondig dat hy ʼn klag van hoogverraad aanhangig gemaak het teen die voormalige minister van kommunikasie, Faith Muthambi.
SAUK-ondersoek: Finale verslag aanvaar
Onenigheid tussen die onderskeie politieke partye, wat deel vorm van die ad hoc komitee wat die SAUK ondersoek, het daartoe gelei dat die DA besluit het om die komitee se aanvaarding van die konsepverslag te boikot.
Muthambi ʼn twispunt in SAUK-besprekings
Of Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedeeltelik aanspreeklik gehou kan word vir die gemors by die SAUK en of sy enige wette oortree het, het Donderdag ʼn twispunt veroorsaak toe LP’s oor die voorlopige verslag van die ondersoek na die openbare uitsaaier debatteer het.
SAUK-komitee: ‘Verrotting het ʼn kanker geword’
Die ANC-LP het na afloop van die verrigtinge gesê minister Faith Muthambi “was uiters arrogant”.
Minister gepols oor Hlaudi, Guptas
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, is Woensdag behoorlik onder kruisverhoor geneem terwyl lede van die ad hoc-komitee wat die bevoegdheid van die SAUK-raad ondersoek, probeer vasstel het of Muthambi verantwoordelikheid vir die krisis by die openbare uitsaaier sal aanvaar.
Minister het nie “wit oppasser” nodig nie
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het uitgevaar teen Gavin Davis, woordvoerder van die DA, nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy inmeng by die SAUK-raad.
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.
Nuuskommentaar: Minister van propaganda
Die regering wil die goeie nuus oor wat hy vermag het laat uitbasuin, en die blapse in die doofpot plaas.