Die verdraaiing van feite, soos hierbo, skep valse persepsies onder mense wat aanleiding gee daartoe dat die regering se fel maatstawwe vir regstellende aksie geregverdig is en selfs groter ondersteuning behoort te geniet namate dit al hoe meer aanvaar word.
Alles vir die sleutelwoord "FAK"
Bybels vir die Russe
Ons is Protestants, hulle Russies-Ortodoks, maar ons dien een Here. Geloof is die sterkste band wat ons oor grense bind.
[Video] ʼn Boodskap in Afrikaans uit Rusland
Ons het ses Russiese studente wat vlot Afrikaans praat koeksisters en biltong gevoer om hulle reaksie te sien. Hulle probeer ook sin maak van die uitdrukking: “Sy praat soos lap wat skeur”, en probeer die sin “Rooi ribbok ram” sê. Kyk hier na die skreeusnaakse video.
Is Geloftedag nog relevant?
Wat maak die Gelofte en die gebeure rondom die Slag van Bloedrivier vir ons relevant vandag? Christoff van Wyk stel ondersoek in.
Grense, gelykheid en gemeenskap
Die oorwinning van Donald Trump by die stembus het nie tot gevolg gehad dat die stof in die weke ná die verkiesing gaan lê het nie. Inteendeel, ʼn mens kan kwalik loskom van die indruk dat die VSA ná die verkiesing dieper as ooit verdeeld is.
Afrikaans is groot, Volume 9
Die afgelope klompie jare was die Afrikaans is Groot-reeks versamelalbums topverkopers op die plaaslike mark, en die negende volume in hierdie reeks het pas verskyn.
Huldeblyk aan ‘n musieklegende
Die legendariese trekklavierspeler, orkesleier en komponis Nico Carstens is op 1 November vanjaar in die ouderdom van 90 jaar oorlede. Nicolaas Cornelius Carstens is op…
Vyf vrae aan Jakkie Louw
“As jy van die liedjie hou, skreeu Jakkie Louw!! Jakkie Louw!!”
[Resensie] Juan Boucher – ‘Dis wie ek is’
Met hierdie album het Juan groter sukses behaal as ooit tevore in sy loopbaan. Daar is reeds drie snitte wat treffers geword het en daar kan nog ʼn paar wees.
Afrikaans laat hom geld, sê FAK-vereerdes
“Afrikaans is ʼn brugtaal, geïntegreer tot ʼn nuwe en unieke instrument van uitsonderlike skoonheid wat in talle velde woeker. Dis ʼn taal wat hom laat geld tot in die buitenste ruim, buiten Engels die enigste ander volwaardige wetenskapstaal en ʼn ontwikkelaar van woorde wat volksbesit geword het.”
Leah sê dankie met Deluxe-weergawe van ‘Wonderwerk’
2016 is beslis ’n wonderlike jaar vir Leah. Nie net moes sy plek maak vir ’n Ghoema en drie Huisgenoot Tempo-toekennings in haar huis nie, maar sy moet ook bontstaan om ’n besige toerskedule na te kom.
[Resensie] Alternatief is groot
Alternatief is Groot is ’n dubbel-versamelalbum van ons land se beste rockmusikante. Die album is deur Coleske Artists uitgereik en val onder die suksesvolle Afrikaans is Groot-sambreel.
Wat laat ons na?
Getalle is dalk teen ons, maar soos Gideon van ouds kan ons in geloof hierdie taak aanpak met die wete dat oorwinning reeds in Hom behaal is.
[Resensie] Laurika Rauch – ‘Die reis’
Hierdie album word baie sterk aanbeveel en behoort lank baie gewild te wees!
[Resensie] Stephan Visagie – ‘Rondloper’
Met hierdie album bewys Stephan hy is ʼn uiters talentvolle liedjieskrywer en sanger en dat hy verdien om nog gewilder te word as wat hy reeds is.
Anneli van Rooyen deur FAK vereer vir lewensbydrae
Selfs die feit dat sy geruime tyd lank nie haar mond kon beweeg nie kon haar nie keer om musiek te maak nie – selfs al was dit net in haar hart, en dáárom is sy vereer.
Afri-Duetfees ’n reusesukses
Die Afri-Duetfees was ’n groot sukses, soos die feit dat dit al vir die derde jaar aangebied word, bewys. Daar was ’n groot verskeidenheid kunstenaars wat opgetree het, en sommige van hulle het ’n mens werklik verras met hul talent en veelsydigheid.
[Resensie] Bok van Blerk – ‘Van De la Rey tot nou’
Daar is ’n goeie balans tussen humoristiese en ernstige snitte en daarom sal dit nie net by hulle nie, maar ook by ’n groter gehoor byval vind. Hierdie album is dalk te laat vrygestel om een van vanjaar se gewildstes te word, maar dit gaan vir seker een van die topalbums van die nuwe jaar wees!
[Resensie] Ons gaan nou lekker dans – Volume 2
Soos gewoonlik is daar iets vir elke smaak in hierdie versameling, en daarom het jy amper niks anders nodig vir ’n lekker partytjie nie.
Die gemeenskapsidee teenoor die #MustFall-beweging
Uiteindelik het een “dapper” student van die Universiteit van Kaapstad uitgekom en presies gesê waaroor die hele #MustFall-beweging werklik gaan: ’n totale afbreek van alle bestaande kennis, tradisie en kultuur (lees veral hierin Westers) en ’n heropbou hiervan vanuit ’n Afrika- en spesifiek ’n Suid-Afrikaanse konteks.