Minister Nathi Mthethwa se kantoor hou voet by stuk hy het nooit ’n naamsverandering voorgestel nie.
Alles vir die sleutelwoord "FAK"
Beweging vier 120 bestaansjaar met dankbaarheid, genade
“Ons erken vandag die genade wat ons oor geslagte heen ontvang het. Hierdie geleentheid kan slegs met die woorde ‘nederige dankbaarheid’ en ‘genade’ opgesom word, want dít is wat ons oor 120 jaar van God ontvang het.”
Foto’s: Erfenisterreine afgestof, verfraai
’n Groot groep vrywilligers het onlangs hul moue opgerol vir ’n goeie doel; so is die Turffontein-konsentrasiekamp Helde Akker in Pretoria skoongemaak.
FAK huldig Christelike sanger
Piet Smit sing sedert 1994 heeltyds en het al 34 albums uitgereik.
‘Gee monumente vir die mense’
Die toekoms van erfenisbestuur word ʼn al hoe groter kwessie en daar is kommer dat die geld wat die staat daarvoor bewillig as hefboom gebruik kan word om ʼn instelling te dwing om na die regering se pype te dans.
Grootste ossewa-trektog in 34 jaar
Meer as 180 jaar na die Groot Trek het inwoners van die Vrystaat Saterdag weer 16 ossewaens op hul eie groot trek gesien.
Hartbeespoortdam en Brits is nou deel van FAK-familie
“Daar is onder andere Deborah Retief (Piet Retief se dogter) se graf wat skuins oorkant Gustav Preller s’n staan. Daar is ’n monument vir Eugène Marais waar hy sy eie lewe geneem het, die Transvaalse Burgeroorlogmonument en Anglo-Boereoorlog-burgergrafte.”
Waar kom jy vandaan? Genealogiefees in Pta gehou
Die spreker by die geleentheid het ook die staaltjie vertel van die soeke na die vrou met die sewe name: Susara Susanna Gesina Elizabeth Jacoba Margaretha Magdalena Botha.
Video: FAK-prys vir Afrikaanse treffermaker
“Jy was ʼn superster en dit is jy nog. Behalwe dat jy omtrent vyf foute op die klavier gemaak het, is daar niks met daai stem verkeerd nie,” het Pretorius met Herholdt geskerts.
Alba Bouwer se graf weer heel
Nadat die bekroonde skrywer Alba Bouwer se grafsteen in die Riversdal-begraafplaas in Januarie geskend is, is dit ter herdenking van haar verjaardag weer heel gemaak.
Foto’s: Heldeakker-begraafplaas word blinkgepoets
Grafte soos dié van dr. HF Verwoerd, pres. Paul Kruger, sy vrou, Gezina, en hulle kinders, asook Andries Pretorius, Eugène Marais, Willem Cornelis Janse van Rensburg en Jopie Fourie is skoongemaak.
Video: 11-jarige kraai koning by eerste Afrikaanse speletjieolimpiade
Die meisie het meer as 50 ander deelnemers uitgestof in ʼn olimpiade waar verskillende Afrikaanse bordspeletjies teen tyd gespeel is.
Toets jou kennis in dié Afrikaanse geskiedenisolimpiade
Daar is kontantpryse vir die wenners op die spel.
Onbekende Afrikaanse taalstryder gevier
Ds. August Ahrbeck se naam is dalk ʼn relatief onbekende een, maar sy aandeel in die stigting en ontwikkeling van Afrikaans, veral as gedrukte taal, is uiters geskiedkundig van aard.
Bekende argitek se graf opgespoor
Twee dae voor die herdenking van Sytze Wierda se geboortedag op 28 Februarie, is sy graf deur hierdie einste grafskoonmakers opgespoor.
Skryf nou in vir Internasionale Afrikaans-Ekspo
“Span jou kreatiwiteit in om vrye teuels aan dié tema te gee. Dit sluit alles verwant aan skepe, die vaartuig, tot die seile, kraaines en anker, in.”
Kaapse onderwysers bevorder Afrikaans
“So ’n Afrikaansweek spreek boekdele van onderwysers wat erns maak met taalonderrig en in hierdie geval, ons geliefde moedertaal, Afrikaans. Die FAK wil graag aan die drie onderwysers dankie sê.”
Henriette Armstrong se diep spore onthou
ʼn Vrouefederasie-roos en ʼn spekboom is by Armstrong se graf aangeplant.
Skrywer van eerste Afrikaanse boek vereer
Lede van die FAK-Riversdal-Kultuurnetwerk bring hulde aan Louis Henri Meurant, skrywer van die eerste Afrikaanse boek.
Luister: Nuwe baadjie vir FAK-kinderliedjies van ouds
“Ons wil graag hê ons kinders moet kan luister na die immergroen Afrikaanse liedjies waarmee ons grootgeword het.”