Ná agt albums en jare as aanbiddingsleier, sing op kampe en ook in kerke, het Franna Benadé ’n nuwe lied in sy hart én album op die rak. ʼn Splinternuwe seisoen op die randjie van sestig waarin God se goeie nuus gehoor móét word.
Alles vir die sleutelwoord "FAK"
Só word Jaap Steyn onthou
“Jaap was een van mees belese mense wat ek geken het. Hy was onsettend lojaal, verskriklik beskeie en het ʼn vlymskerp humorsin gehad.”
Susanne Beyers is waarlikwaar ’n ikoon
Waarlikwaar! Dit is nie net die naam van die aktrise Susanne Beyers se huis in die Kaap nie, maar hierdie “outydse mooi word” som dié ikoniese aktrise ook op.
Wenner van FAK Geskiedenisolimpiade aangewys
Leerders van 30 laerskole landwyd, asook van die Urenui School in Nieu-Seeland, 10 tuisskole en verskeie leerders verbonde aan Voortrekkerkommando’s, het vanjaar deelgeneem.
Gerrit Pitout: Lewenstaak vir topkunstenaar
Benewens sy vaardighede met die kwas is Gerrit ook ʼn uitmuntende fotograaf wat nostalgies na die 35 mm-filmdae hunker.
Ilse Salzwedel floreer
Ilse het egter besluit om op te staan eerder as om te bly lê. En in “Floreer” deel sy waardevolle wenke aan die hand van kenners op verskeie vakgebiede se raad, wat sy stap vir stap met lesers deel.
Appel, die hardebaard en sagte hart
Die woorde “Moenie bang wees nie” kom nie verniet 366 keer in die Bybel voor nie, sê hy toe ons groet. “Dis my rots, hou my staande in dié stormsee. Elke dag van die jaar. In onsekere tye moet ons juis ons afhanklikheid van Hom herbevestig, onsself herinner: sonder Hom het ons niks. Is ons niks.”
Ouetehuise, gesinne trek swaar weens KZN-onluste
Helpende Hand het sy Krisisfonds en landwye Josef Silo’s gemobiliseer om as afsetpunte te dien waar die publiek met donasies gesinne en inwoners van ouetehuise in KwaZulu-Natal kan bystaan.
Briel-familie beskerm Burgeroorlog-monument reeds 60 jaar
Min Suid-Afrikaners weet waarskynlik dat die Transvaalse Republiek sy eie Burgeroorlog gehad het.
Gert Potgieter se musieknootgrafsteen herstel
Marianda Schlebusch sê die FAK het die grafsteen herstel om Gert Potgieter se kulturele nalatenskap te eer.
Tienie Holloway se nalatenskap gedenk
Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie
Storiewerf soek jóú haasbek- en bangmaakstories
Weet jy hoe om grilstories te skryf wat koue rillings oor ʼn mens se lyf jaag? Skryf dan voor 15 Julie in vir Storiewerf se skryfkompetisie.
Kunsuitstalling vier 60 jaar van republiekwording
“Mislukkings en prestasies, sterk en swak leiers, goeie en slegte besluite het alles deel gevorm van die jong republiek en hom gebring tot waar die land vandag is. Die kritiese vraag is: Kan ʼn mens die ideologiese raamwerk van goed en kwaad, asook die Weste teen die res op hierdie leiers afdwing?”
Geskiedkundige kakebeenwa kry nuwe tuiste
“Wat sal dit ons baat om die geskiedenis te ondersoek as ons nie ook besin oor wat dit vir ons in die toekoms beteken nie?”
Eerbewys vir ‘Sarie Marais’ se familie
“’n Aand soos hierdie help ook weer om oud en jonk se oë te open vir ons besonderse Afrikaanse geskiedenis.”
FAK vereer, onthou formidabele vroue van destyds en nou
Die Eerste Nasionale Tee- en Koffiemaatskappy is in 1955 deur meer as 10 000 sterk en formidabele Afrikaanse vroue in die lewe geroep.
Monument opgerig vir drie oorlede Voortrekkertjies
Die meisies was een middag in Desember op pad terug huis toe van ʼn Voortrekkerkamp toe hulle verongeluk het.
Sing slim met liedjies uit FAK
“Die departement van basiese onderwys se oordrewe klem op assessering in tale en wiskunde het veroorsaak dat die onderafdelings van lewensvaardighede afgeskeep word en kreatiewe kunste, waaronder kuns en musiek, in sommige skole glad nie meer aangebied word nie.”
De la Rey-graf loop onder vandale deur
Die gesteelde bronsbeeld is baie waardevol en is in 1917 deur Fanie Eloff gemaak.
FAK se familie-erfenisfees nou aanlyn
Die FAK nooi almal uit om môre (10 April) om 12:00 op sy Facebook-blad in te skakel vir die tweede FAK-Genealogie- en Familie-Erfenisfees Digitaal.