ʼn Maklike happie met slegs vyf bestanddele!
Alles vir die sleutelwoord "familieresep"
Resep: Korslose melktert
Maroela Media-leser Olene Fourie sê sy het hierdie resep jare gelede al begin maak en dat haar kinders mal is daaroor.
Resep: Apie-koekies
“Ek het op my ouma se handgeskrewe resep in ’n baie ou resepteboek afgekom en toe besluit om dit te maak,” sê Maroela Media-leser Gerrit Steyn.
Resep: Yskastert met malvalekkers en jogurt
Hierdie gereg staan in ʼn Maroela Media-leser se huis bekend as “Die Sondagmiddagtert”.
Resep: Deon se spek-en-kaas-potbrood
“Al wat jy nou kort, is ʼn mes, lekker botter en braaivleis.”
Resep: Ta’ Ellie se onverbeterlike melktert
Maroela Media-leser Julie Jansen van Rensburg vertel dat hierdie melktert vir die eerste keer gebak is toe sy en haar man, Rudolf, in November 1956 getrou het, en dat hulle die resep daarna skelmpies by ’n buurvrou gesteel het.
Resep: Ouma Ester se blits-pasteitjiedeeg
Maroela Media-leser Hannah Lake het hierdie resep van haar ouma se pasteitjiedeeg ingestuur.
Resep: 7-minuut-lemoenkoek
Maroela Media-leser Gerrit Steyn het hierdie maklike resep ingestuur. Hy sê die koek is heerlik en klam.
Resep: Gouestroop-kluitjies in prutpot
Maroela Media-leser Cindy van Heerden sê haar ma het altyd hierdie resep vir haar gemaak toe sy op skool was. Haar ma is verlede jaar oorlede en het die resep vir haar gelos.
Resep: Roerby-frikkadelle
Maroela Media-leser Michelle Mc Geer sê hierdie resep is uit nood gebore toe sy ʼn lank ruk nie inkopies gaan doen het nie, en moes kosmaak met dít wat in haar spens was.
Resep: Vrugteballetjie-nagereg vir warm dae
Maroela Media-leser Carel Breytenbach het 25 jaar lank as landboukonsultant agter die Soutpansberg gewerk en gereeld vrugte by sy boerekliënte present gekry. Vandaar het dié resep ontwikkel.
Resep: Dadelkluitjies
Rita Bothma, ’n Maroela Media-leser, het hierdie resep ingestuur en sê dit is perfek vir die inperkingstydperk.
Resep: Geurige maalvleis-en-pastagereg
Maroela Media-leser Magda du Plessis sê hierdie resep is maklik, vinnig en boonop goedkoop!
Resep: Rissie-mengelmoes
Maroela Media-leser Natashia du Plessis sê haar man was die inspirasie vir hierdie resep omdat hy baie van brandrissies hou.
Resep: Soetpatats met spek
Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar het dié heerlike resep ingestuur.
Resep: Camembert-braaibrood
Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar het op dié resep afgekom omdat sy altyd op soek is na nuwe maniere om braaibrood op te kikker.
Resep: Paptert
Maroela Media-leser Tina Reynders sê dié paptert is vinnig, lekker en die opwas-proses maklik!
Resep: Stamp-poeding met fyngemaakte stampmielies
“Die resep is ideaal wanneer daar stampmielies vanaf ʼn vorige ete oorgebly het en jy iets lekkers hiermee wil maak,” skryf Maroela Media-leser Gerrit Steyn.
Resep: Heuningraadpoeding
“Die poeding maak sulke gaatjies wat lyk soos heuningkoek.”
Resep: Soet-suur slaaisous
Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar se pa het hierdie resep vir haar geleer toe hy nog geleef het. “Ons noem dit sommer Oupa Nick se slaaisous,” sê sy.