Liam Hemsworth gaan die rol van Geralt van Rivia by Cavill in ‘The Witcher’ se vierde seisoen oorneem.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "fantasie"
‘Lord of the Rings’-skrywer se huis vir miljoene te koop
Dié besondere baksteenhuis vorm deel van die inspirasie agter die ikoniese boeke.
Boek; Alie aarbeifee en ander feetjiestories uit die aarbeituin
Alie Aarbeifee swaai haar towerstaffie van een spannende avontuur na die ander: Klaks Kakkerlak gaps Alie se rooi aarbeirokkie, Piepsie Spitsmuis kry ’n ellendige verkoue, Meneer Pif-Paf en Bibo Skoenlapper help Alie om ’n dief uit die aarbeituin te verjaag, en vele meer…
Boek: Pensie spoeg vuur
Twaalf wonderbaarlike stories van drake en feë en kabouters in ‘n wêreld vol avonture, geïllustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle.
Boek: Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan
Nuwe reeks uit die pen van Elizabeth Wasserman, spreek tot jonger lesersgroep as Speurhond Willem-reeks. Wetenskap-invalshoek met fantasie-element, avonture van dié maltrap-gesin sal kinders se verbeelding aangryp. Loer gerus ook na die oulike video onderaan!
Boek: Eggo’s in die Skimberge
In die ravyn ontdek hulle die elfkoninkryk Loherin. Hier raak hulle betrokke by die soektog na die elfkoningin se twee kinders, wat jare gelede op onverklaarbare wyse verdwyn het… En dit is maar net die begin van ‘n reis wat Mattie en Henk se lewens handomkeer sal verander.