Die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole, lyk op die oog af na die verbreking van die historiese 1994-skikking, meen die Solidariteit Beweging.
Alles vir die sleutelwoord "FEDSAS"
Grondwethof sê oor Gauteng se skooltoelatingsbeleid
Hierdie uitspraak is die uiteinde van ʼn regsgeding wat reeds in 2013 deur Fedsas begin is oor die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole.
Aanlynregistrasie: Ouers aangemoedig om aansoek te doen
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het Woensdag ouers en voogde in Gauteng aangemoedig om sonder verwyl aanlyn aansoek te doen vir toelating by die skool van hul keuse.
Aanlynaansoekplatform ‘teen die wet en wanfunksioneel’
Fedsas het sterk uitgevaar teen die elektroniese platform wat deur die Gautengse onderwysdepartement beskikbaar gemaak is om leerders te registreer.
Fedsas ondersteun nuwe skolebeleid
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het vandeesweek in ʼn verklaring gesê die nuwe beleid, wat standaarde stel vir skoolhoofde in Suid-Afrika, wat op 18 Maart vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer is, is ʼn positiewe mylpaal vir onderwys in die land.
Fedsas baan weg vir skoolbeheer-opleiding
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se eerste leerderberaad in die Wes-Kaap die afgelope week word beskou as ʼn belegging vir die toekoms van skoolbeheer-opleiding.
Innoverende oplossings noodsaaklik vir moedertaalonderrig
Die waarde van moedertaalonderrig, veral op laerskoolvlak, is onomstootlik bewys. In die veeltalige konteks van Suid-Afrika is dit egter geen geringe uitdaging nie.
Onderwystoekoms in gemeenskap se hande
Min lande ter wêreld bestee ʼn groter persentasie van hul jaarlikse begroting aan onderwys as Suid-Afrika. In 2015 is ongeveer 20% van die land se begroting aan onderwys toegewys.
Hupstoot vir SA skole met nuwe handleiding
Skoolbeheer en die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het onlangs opnuut ʼn sterk hupstoot gekry met die publikasie van ’n handleiding wat die King-beginsels vir goeie korporatiewe beheer vir openbare skole toeganklik maak.
Hofsake oor skoolonderwys
Eintlik is hierdie hofsake nie noodwendig slegte nuus vir ons land nie. Daar is ook ʼn stukkie goeie nuus en daardie nuus is dat ons Grondwet sterk en lewenskragtig is om mense en instellings se regte en regmatige belange te bevorder en beskerm. Dis ʼn teken dat ons Grondwet werk.
#SchoolfeesMustFall sal tot ondergang van openbare skole lei
Hoewel gratis onderrig op skoolvlak lankal ’n werklikheid is, sal die afstel van skoolgeld openbare skole tot so ’n mate finansieel knou dat gehalte-onderrig nie langer ’n haalbare doelwit sal wees nie, skryf dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
Luister: Registreer jou kinders vroegtydig vir Gauteng se 2016-skooljaar
AfriForum is bekommerd omdat die Gautengse departement van onderwys die registrasieproses en -tydperk vir die 2016-skooljaar verander het. Dit het die burgerregte organisasie genoop om ouers te vra om hul kinders vroegtydig vir die komende skooljaar by die skool van hul keuse te registreer
Godsdienssaak: Skole dien hofstukke in
Die beëindiging van godsdienstige praktyke by skole sal ’n steriele, onnatuurlike skoolsamelewing skep, waar individue in hul spoor sal moet trap om nie spontaan aan godsdiensvryheid uiting te gee nie.
Luister: Twee fietsryers op pad na Noord-Kaap vir godsdiens in skole
AfriForum is slaggereed vir die hofstryd wat hom binnekort in die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan afspeel vir die behoud van godsdiens in skole.
Registrasie vir Gauteng-leerlinge vandag geopen
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) doen egter weereens ʼn beroep op ouers en skole in Gauteng om nie elektroniese aansoeke vir 2016 in te dien nie.
Stemme van kinders gehoor in skolegodsdienssaak
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal vandeesmaand ’n uitgebreide verslag oor kinders se menings rakende godsdiens in skole beskikbaar stel.
Kuba nie die antwoord op Vrystaat se onderwysprobleme, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het sy misnoeë uitgespreek oor die Vrystaatse departement van onderwys se aankondiging dat onderwysers uit Kuba in die provinsie aangestel gaan word.
Luister: Beheerliggaamverkiesing kan gehalteonderwys by skole verseker
Onderwys in Suid-Afrika word deur verskeie probleme in die gesig gestaar, maar hierdie probleme kan deur kundige en toegewyde beheerliggame aangespreek word.
Gebruik beheerliggaamverkiesing om verskil te maak, sê Fedsas
Die beheerliggaamverkiesing stel ouers in staat om ’n sê te hê in wie op die liggaam moet dien wat ingrypende besluite oor hul kinders se opvoeding neem.
Godsdiens in skole: Deeglike voorbereiding noodsaaklik vir toetssaak, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê deeglike voorbereiding navorsing is nodig vir ʼn toetssaak oor skole se godsdiensbeleid en -beoefening.