Unisa het ʼn interdik bekom om te verseker akademiese bedrywighede kan voortgaan.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
#FeesMustFall-beweging se skade al naby R1 miljard
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Dinsdag gesê die skade wat by universiteite aangerig is sedert die #FeesMustFall-beweging verlede jaar begin het, is al amper naby aan R1 miljard.
Minister wil ondersoek hê na werker se dood
Wits het intussen die werker geïdentifiseer.
Skoonmaker sterf ná betogings op Wits-kampus
ʼn Skoonmaker by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat verlede week te midde van die studentebetogings op die kampus vasgevang is, het gesterf.
TUT-reses ook vervroeg
Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Maandag dieselfde roete as die Universiteit van Pretoria (UP) gekies in reaksie op die studentebetogings op die kampus deur die instansie se reses te vervroeg.
Sommige UKZN-betogers ‘nie werklik studente’
Die leier van die studenteraad by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus, het Maandag erken sommige van die betogers wat aan die studentebetogings by die instansie deelneem, is nie werklik studente nie.
#FeesMustFall: TUT-kampusse ook gesluit
Studente aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Maandag die instansie se hoofkampus met gewelddadige protesaksie tot stilstand gedwing in hul stryd vir gratis tersiêre onderrig.
Tuks-reses vervroeg oor betogings
Die Universiteit van Pretoria (UP) het Maandag ure nadat akademiese bedrywighede op die Hatfield-kampus hervat moes word die instansie gesluit.
Nog ʼn UKZN-koshuis aan die brand gesteek
ʼn Koshuis op die kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is Maandagoggend aan die brand gesteek.
[Foto’s] Betogings gaan voort by Tuks
Ondanks die Universiteit van Pretoria (UP) se onderneming dat alle akademiese bedrywighede Maandag hervat sou word en dat toegang tot die instansie se Hatfield-kampus streng gemonitor sal word, het betogers weer Maandagoggend op die kampus saamgedrom.
Eiendom beskadig: ‘Dis boewery’ sê minister
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê studente, wat universiteitseiendom beskadig, is skuldig aan boewery.
Maties-betoging: Klasse en toetse ontwrig
Toetse en klasse by die Universiteit Stellenbosch (US) is Vrydag ontwrig en moet herskeduleer word nadat betogende studente die kampus tot ʼn stilstand probeer dwing het.
Studente bly agter tralies ná betoging
Elf studente wat in hegtenis geneem is nadat grootskaalse skade by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus aangerig tydens betogings, bly tyd en wyl agter tralies.
Zuma breek stilte oor studentebetogings
Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy stilte gebreek oor studentebetogings wat sedert Maandagaand oor kampusse landwyd voorkom.
Spotprent: 23 September 2016
Jerm se spotprent vir 23 September 2016.
#FeesMustFall: Traangas, klippe en ʼn brand op UKZN-kampus
Polisiebeamptes moes Donderdagoggend traangas op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) afvuur terwyl betogende studente die polisie vanuit een van die koshuise met klippe bestook het.
Madonsela dra by tot #FeesMustFall-fonds
Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het Woensdag beloof om by te dra tot ʼn fonds wat geld insamel vir arm studente se tersiêre studie in reaksie op die #FeesMustFall-krisis.
Woede oor Tuks se reses-‘plan’
Personeel en studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) is woedend oor die aankondiging dat toetse en klasse in die Oktober-reses gehou sal word weens die voortslepende studentebetogings.
[Video] Trokdrywer roskam betogende studente
ʼn Vragmotorbestuurder van Touwsrivier het die internet op hol nadat hy ʼn video op Facebook geplaas het waarin hy betogende studente behoorlik roskam oor hulle gedrag. WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.
Betogende NMMU-studente vaar PE se strate in
Agt studente is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld, oortreding van die nasionale padverkeerswet en die belemmering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer.