Nadat pres. Jacob Zuma Saterdag wyd reaksie ontlok het met sy aankondiging dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer, het die nasionale tesourie gesê hy het kennis geneem van dié aankondiging en sal moontlike finansieringsopsies ondersoek.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
Vreugde, kommer oor studiegeld-aankondiging
Bozzoli meen pres. Jacob Zuma het tot nou gewag met hierdie aankondiging sodat hy opslae by die ANC se verkiesingskonferensie kan maak, terwyl studente, hul families en hoëronderriginstansies al lank angstig wag op nuus oor studiefooie.
Gratis onderrig vir arm en werkersklasstudente
Die presidensie het Saterdag aangekondig dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer.
Studiefonds skep hoop vir duisende studente
Die studiefondssentrum administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens donateurs, waarin meer as R126 miljoen oor die laaste nege jaar aan studiehulp uitbetaal is.
Die uitdaging om saam op te staan
Hier is genoeg haat, verdagmakery en oor en weer beskuldigings in hierdie land. Ons het vredemakers nodig, mense wat hulle hande uitsteek, vriende maak en verhoudings bou oor ekonomiese, sosiale en rasgrense heen. Mense wat nie net vra om verstaan te word nie, skryf Jaco Strydom.
‘Laat regering toe om studentegeldeverslag te bestudeer’
Die minister van hoër onderwys en opleiding het Dinsdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners, en veral die studentebeweging, gedoen om die regering die ruimte te bied om die studentegeldeverslag te ondersoek en daarna beleidsbesluite te maak.
Universiteitsgelde-verslag met gemengde gevoelens ontvang
“Suid-Afrika se finansiële posisie verswak bykans daagliks en enige kans op gratis onderwys is nou selfs minder haalbaar.”
Zuma stel verslag oor universiteitsgelde beskikbaar
Die presidensie het Maandag die Heher-kommissie se verslag oor die haalbaarheid van gratis tersiêre onderrig bekendgestel.
PAIA-aansoek oor studentegeldeverslag te midde van gerugte
“Dit is dringend en noodsaaklik dat die publiek die verslag dadelik sien. Daar was nou verskeie ontstellende gerugte wat aandui dat Zuma ‘uit sy eie’ wil optree.”
Zuma ontken gerugte oor studentegelde-aankondiging
Pres. Jacob Zuma het Sondag mediaberigte ontken dat hy van voornemens was om ʼn aankondiging te maak oor gratis tersiêre onderrig tydens sy staatsrede in Februarie.
Zuma gaan ‘binnekort’ sê oor universiteitsgelde
Pres. Jacob Zuma het gesê ʼn aankondiging oor die bevindings van die Heher-kommissie oor die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika is op hande.
Die slaggate van gratis universiteitsonderrig
Dit is tyd dat die emosies en populisme uit die debat oor gratis universiteitsonderrig verwyder word.
Verslag oor universiteitsgelde binnekort verwag
Die Heher-kommissie se verslag oor sy ondersoek oor die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika sal na verwagting voor die einde van volgende week vrygestel word, het die presidensie Saterdag gesê.
#FeesMustFall: Dlamini-saak weer uitgestel
Die saak teen die studenteleier Mcebo Dlamini, waar hy tereg staan op aanklag van openbare geweld, aanranding, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en dat hy ʼn hofbevel verontagsaam het, is Donderdag weer uitgestel in die Johannesburgse landdroshof.
Die probleem met vryheid
Baie mense sukkel met die idee dat ʼn vryemark-verdediger gesien kan word as iemand wat omgee oor die lot van mense wat benadeel en in ʼn benarde posisie is.
Zuma ontvang verslag oor gratis hoër onderwys
Pres. Jacob Zuma het die finale verslag van die kommissie, wat die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys in Suid-Afrika ondersoek het, ontvang.
#FeesMustFall-leier ‘gefrustreerd’ ná hof saak uitstel
“Sommige van ons is nog studente. Ek het nege vakke en volgende week is toetsweek,” het die #FeesMustFall-aktivis gesê.
Die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteite bekyk
Prof. Theo Neethling is daarvan oortuig dat baie van ons openbare universiteite moeilike dae tegemoetgaan.
Gratis hoër onderrig sal ingestel word, sê Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê die party het beslis dat gratis hoër onderrig volgende jaar ingestel sal word.
[Video] Onderwyskongres afgestel toe chaos uitbreek
“Hulle het ook in ons gesigte die kreet ‘one settler, one bullet’ geskree en die ‘Kill the Boer’-liedjie gesing. Daar het ʼn groot bakleiery uitgebreek – mense het mekaar met stoele gegooi en lede van AfriForum Jeug is aangerand.”