Pravin Gordhan, minister van finansies, het terugvoer gegee aan die kommissie wat die moontlikheid van gratis hoër onderrig ondersoek.
Alles vir die sleutelwoord "#FeesMustFall"
Veiligheid by NMMU opgeskerp ná petrolbom-voorval
ʼn Gebou op die universiteit se suid-kampus is Saterdagaand met petrolbomme bestook, nadat twee geboue verlede jaar op die suid-kampus onder brandstigters deurgeloop het.
Oorwinning vir ‘stille meerderheid’ op Tuks-kampus
“Ek wil nie hê net die hardste stemme moet op kampus gehoor word nie. Dit is vir my belangrik om ʼn atmosfeer op kampus te skep waar almal hul menings kan lug.”
Géén rassisme is ‘reg’ nie
In talle multi-etniese lande – en dit sluit Suid-Afrika in – word nou al jare gedebatteer oor die vraag of omgekeerde diskriminasie ’n legitieme begrip is. In ons eie land kan ek twee voorbeelde uit die laaste dae se media pluk, skryf Leopold Scholtz.
Kovsies kondig studentegeldverhoging aan
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Woensdag ʼn studentegeldverhoging vir 2017 aangekondig.
Wits kondig klasgeld-verhoging aan
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), een van die universiteite wat die ergste onder die #FeesMustFall-beweging gebuk gegaan het, het Maandag ʼn verhoging in sy klasgeld aangekondig.
Lesersbrief: Dankie vir die studiekosteverhoging
#MyNWU, dankie dus vir die kosteverhoging. Dankie dat julle nie val (en faal) onder die druk van dié met tonnelvisie ten koste van jul werknemers en instandhouding van spogkampusse nie. Dankie dat my studiekostes nie ten koste van hardwerkendes verlaag word nie.
Kettiestudent kry weer nie borgtog
ʼn Student aan die Durban Universiteit vir Tegnologie, wat in hegtenis geneem is nadat hy glo tydens ʼn onlangse #FeesMustFall-betoging ander studente aangemoedig het om die polisie te “m**r”, is vir die tweede keer borgtog geweier.
#FeesMustFall: Nie nou nie, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê daar sal geen gratis hoër onderrig wees totdat die regering ʼn oplossing beraam het hoe om dit te finansier nie.
Studentebetogings: TUT stel aandklokreël in
Sommige TUT-studente eis dat die eksamens tot volgende jaar uitgestel word, omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om voor te berei nie, weens die FeesMustFall-betogings wat weke lank op die land se kampusse gewoed het.
Grootste fondsinsameling ooit deur SA universiteit
Die Universiteit van Johannesburg se fondsinsamelingsveldtog vir die sogenaamde “vergete middel”, een van die grootste fondsinsamelingsveldtogte ooit deur ʼn Suid-Afrikaanse instansie vir hoër onderwys, het R100 miljoen ingesamel om die studies van bykans 2 500 studente te ondersteun.
Video: Universiteite se geldsake is beroerd
Universiteite is nie finansieel gereed vir die nuwe akademiese jaar nie. Dit was van die onthullings tydens Statistieke Suid-Afrika se voorlegging in die parlement.
Polisie ontken herinhegtenisneming van #FeesMustFall-leier
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gerugte ontken dat Mcebo Dlamini (30), voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en #FeesMustFall-aktivis, in hegtenis geneem of by enige polisiestasie in Gauteng, of enige ander provinsie, aangehou is.
Studente se motiewe dalk edel, maar taktieke bedenklik
Die toekoms van openbare universiteite in Suid-Afrika hang in die weegskaal en besondere leierskap is nodig om te verseker die kommerwekkende tendense, waarop hier gewys word, word omgekeer. Daar sou selfs gevra kan word of dit nie reeds te laat is om die sinkende skip te red nie?
#FeesMustFall-studente vrygelaat op borgtog
Tien studente wat in verband met gewelddadige betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is, was in die Pietermaritzburgse hooggeregshof suksesvol om die besluit oor hul aansoek om borgtog om te keer.
#FeesMustFall: Brandstigtingverdagte vrygelaat
Die man wat deur die polisie ingeneem is vir ondervraging rakende ʼn brand op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), is vrygelaat.
Die staat het jongmense in die steek gelaat, sê #FeesMustFall-leier
Mcebo Dlamini, studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand, het Woensdag buite die Palm Ridge-landdroshof gesê die staat het jongmense in die steek gelaat.
Uitspraak oor #FeesMustFall-leier se appèl teen borgtog
Mcebo Dlamini, voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Woensdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn waar uitspraak gelewer is in sy appèl teen ʼn vorige hofbesluit om hom borgtog te weier.
#FeesMustFAll-leier: Landdros het ‘regte besluit’ gemaak, sê staat
Die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof het Dinsdag gehoor die verdediging kon nie bewys dat landdros Albertus Roux verkeerd was om die studenteleier Mcebo Dlamini se aansoek om borgtog af te keur nie.
#FeesMustFall-leier appelleer teen borgtog-uitspraak
Mcebo Dlamini, die studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), sal Dinsdag in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn om appèl aan te teken teen ʼn vorige hofbesluit om hom borgtog te weier.