Jy kan baie van Castro se ideologie en staatstelsel sê – ek het dit duidelik gestel dat ek dit nie bewonder nie – maar ook dat ek my hoed afhaal vir sy politieke en militêre talente. Sy doel met dié eskalasie, soos Crocker dit tereg gestel het, was nie om dieper in die oorlog ingesuig te word nie, maar juis om ’n opening te skep waardeur hy kon ontsnap.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Fidel Castro"
Wat is die prys wat die Kubane betaal het?
Die Kubane – en linkse romantici wêreldwyd – het laasweek afskeid geneem van Fidel Castro. Nege dae lank het sy as deur Kuba gereis en Sondag is dit eindelik ter ruste gelê.
‘Castro moet nié ons rolmodel wees’
Die vakbond Solidariteit het Donderdag na adjunk-president Cyril Ramaphosa gekap nadat hy Fidel Castro as “een van die grootste revolusionêre van ons tyd” beskryf het.
Kuba: Fidel Castro, einde van ʼn era
Castro se dood sluit ʼn era af, maar omdat hy reeds geruime tyd nie meer polities aktief was nie, afgesien van ʼn onderhoud of koerantartikel so nou en dan, behoort dit min invloed op die land se politiek te hê. Eers wanneer sy broer Raoul sterf, sal daar waarskynlik politieke skommelinge kom wat die huidige stelsel drasties kan verander.
Voormalige president sterf op 90
Fidel Castro, die voormalige president van Kuba, is in die ouderdom van 90 in Havana dood.