“Die ANC verwerp mediaberigte oor die muilband van die sekretaris-generaal met minagting as ongegrond en kwaadwillig.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Fikile Mbalula"
Beskou opmerking oor ANC se ‘leuens’ in konteks – Mbalula
“Wat belangrik is om hier te benadruk is dat die ANC sy president beskerm het deur die president ʼn behoorlike regsproses te gun wat sy reg ingevolge ons Grondwet was.”
Nkandla: Mbalula erken ANC jok destyds in parlement
“Ter verdediging van ons president het ons na die parlement gegaan en ʼn ad hoc-komitee op die been gebring en gesê ʼn swembad is ʼn vuurpoel …”
ANC ontken Mbalula se beurtkrag-uitlatings
Die ANC het in die bresse getree vir sy sekretaris-generaal nadat daar berig is dat Fikile Mbalula gesê het klimaatfinansiering tussen Suid-Afrika en Westerse lande is verantwoordelik vir die voortslepende beurtkrag in Suid-Afrika.
Fikile lê klag oor omkoopbewerings teen hom en ministers
Die omkoopbewerings hou verband met ʼn Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)-kontrak vir ʼn werkskeppingsprojek ten bedrae van R5 miljard.
DA wil Mbalula agter tralies hê
Die DA gaan ʼn hofaansoek bring om Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, tronk toe te stuur deur gebruik te maak van die einste presedent wat in die Zuma-saak gevestig is. “Dit is tyd dat die ANC leer dat daar gevolge is vir die ondermyning van geregtigheid in Suid-Afrika.”
Mbalula nié vervolg oor Dubai-gesinsvakansie
Die OB het in Desember 2018 in ’n verslag aanbeveel dat die NVG ondersoek instel na verdoemende bewerings dat Sedgars Sports die Mbalulas se familievakansie van tussen R300 000 en R680 000 na Dubai in Desember 2016 gefinansier het.
Mbalula meen SA kán ‘mislukte staat’ word
Mbalula hou egter vol die land “herstel goed” en hy het die ANC se ekonomiese rekord verdedig.
Minister moet dringend ingryp oor Intercape, sê hof
“Nie almal kan gekoop of geboelie word nie en daarom begin ons opstaan vir wat reg is en aanspreeklikheid eis van diegene in magsposisies.”
Minister doen ‘steeds niks’ oor geweld teen busse
Die minister van vervoer is al by verskeie geleenthede gekap oor sy versuim om ʼn nasionale aksieplan vir dié soort geweld te formuleer.
Geen aksieplan vir langafstandbusse se veiligheid
Min. Fikile Mbalula het inteendeel ʼn appèl aangeteken teen die aksieplan wat deur die hof gelas is om geweld teen die Intercape-busdiens hok te slaan.
Rybewysmasjien: ‘Kragonderbrekings’ kry dié keer die skuld
Die masjien wat Suid-Afrikaanse motoriste se rybewyskaarte vervaardig, het vir die tweede keer in minder as ʼn jaar opgepak.
Trokdrywer te blameer vir Pongola-ongeluk
Dit het nou aan die lig gekom dat die vragmotorbestuurder ongeveer 1,2 km ver teen die aankomende verkeer ingery het voordat die vragmotor die bakkie getref het.
Nuwe rybewyskaarte verander níks, regsaksie gaan voort
AfriForum sê hy het boonop sy bedenkinge oor die instelling van nuwe bestuurslisensiekaarte.
SA’ners kry nuwe rybewyskaarte
“Daar wag baie opwindende dinge,” aldus minister Fikile Mbalula.
E-tol: Nog ʼn belofte; hoër petrolheffing nie meer ʼn opsie
“Die brandstofheffingstorie het mettertyd baie deurmekaar geraak en dit is nie meer ’n opsie wat ons onder meer kan oorweeg nie.”
Nog SA lughawens vereer
Fikile Mbalula, minister van vervoer, is omtrent in sy skik.
Vervoerbegroting: Mbalula wil slaggate, rybewyse takel
Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het Woensdag tydens die begrotingstoewysing gesê sy departement wil slaggate op provinsiale paaie, die uitreik van rybewyse en openbare vervoer takel.
Só wil Mbalula spoordiens regruk
Waar die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nie spoordienste kan bedryf nie, kan die private sektor nou inspring om spoorlyne te bedryf.
Mbalula sê Kaapse spoordiensbesluit slegs syne
Die Stad Kaapstad het vandeesweek aangekondig dat hy moontlik sy spoorpassasiersdiens by die nasionale regering gaan oorneem en self dié diens gaan aanbied.