Fikile Mbalula, minister van polisie, het in ʼn regstreekse SABC-onderhoud gesê die polisie verneem dat die vyf verdagtes in onder meer Dubai, China en Indië is.
Alles vir die sleutelwoord "Fikile Mbalula"
Popcru verwelkom Mdluli-afdanking
“Die afgelope ses jaar was baie uitputtend in terme van die volle funksionering van dié afdeling, aangesien dit al 12 waarnemende afdelingskommissarisse gehad het.”
Polisieminister nooi wit jeug om aan te sluit
Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Vrydag tydens die uitpasseringsparade van meer as 3 000 polisiebeamptes gesê die Suid-Afrikaanse regering wil hê meer wit burgers moet by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aansluit.
ANC-konferensie: Twitter behoorlik aan’t gons
Die ANC se nasionale leierskapkonferensie skop eers amptelik Saterdag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg af, maar Twitter is reeds behoorlik aan’t gons soos wat daar op dié sosialemediaplatform oor die konferensie gesels en gedebatteer word.
Polisieminister wil plaasmoorde bekamp
“Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin lewe. Die polisie moet ʼn bevorderende omgewing vir boere skep om voedsel vir al ons mense te produseer en te verseker.”
Nuwe polisiekommissaris het ‘innoverende idees’ vir misdaadbekamping
“Om misdaad te bekamp, benodig die polisie innoverende idees en kreatiwiteit wat uiteindelik moet lei tot die ontwikkeling en uitvoering van relevante strategieë in misdaadbekamping. Ons is oortuig dat genl. Sitole dié taak sal kan aanpak.”
Velkleur gee jou minder regte
Die laaste tyd het die flagrante dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse politiek alle perke oorskry. Dis dié dubbele standaarde wat ’n mens se bloed onwillekeurig laat kook.
#SwartMaandag se dubbele standaarde
Ons durf nie toelaat dat wit ridders wat hulle beginsels laat vaar vir polities korrekte lensiesop, aan ons voorskryf waaroor ons mag kwaad wees nie.
SANW: ‘Ons is gereed om bendes te beveg’
Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse weermag (SANW), het Fikile Mbalula, minister van polisie, se uitsprake dat hy soldate na die bendegeteisterde gebiede van Kaapstad wil stuur verwelkom.
Swart Maandag: ‘Minister van polisie poog om veldtog te diskrediteer’
“Die minister is ’n fabriseerder en verspreider van fopnuus en meer besorgd oor sy eie politieke agenda as oor die publiek se veiligheid.”
[Video] Mbalula: ‘Misdadigers het te veel regte’
“Na my mening het jy jou regte as ʼn landsburger verbeur die oomblik wat jy besluit het om ʼn misdadiger te wees wat by kriminele aktiwiteite betrokke is.”
‘Zuma sal besluit of weermag ontplooi word’
“Ons reageer op ʼn kommerwekkende situasie met betrekking tot ons gemeenskappe waar daar gewelddadige dade deur gewelddadige misdadigers uitgevoer word.”
‘SAPD het geen beheer oor geweldsmisdaad’
Politieke inmenging, ʼn onvoldoende topbestuur in die SAPD en ʼn tekort aan opleiding, personeel en hulpbronne is Dinsdag as redes genoem vir die skokkende jongste misdaadsyfers.
Weermag se hulp gevra met misdaad
“Suid-Afrika is verswelg deur die opkoms van uiters gewelddadige misdaad wat gemeenskappe onveilig laat voel.”
Mbalula reageer op bewerings oor vakansiegeld
Fikile Mbalula, minister van polisie, het op die bewerings dat Sedgars Sport einde verlede jaar R680 000 aan hom en sy gesin betaal het vir ʼn vakansie van ses nagte in die Atlantis-hotel in Dubai gereageer.
‘Mbalula moet bedank as bewerings oor vakansiegeld waar is’
“Fikile Mbalula, kan nie skuil agter die beginsel van die reg op privaatheid oor die beweerde R680 000 wat Sedgars Sport einde verlede jaar glo aan hom en sy gesin betaal het vir ʼn vakansie van ses nagte in die Atlantis-hotel in Dubai nie.”
Mbalula: ‘Jy het 30 minute om jouself aan die polisie te oorhandig’
“Ons kan nie toekyk, praat en ons arms vou terwyl misdadigers met outomatiese aanvalsgewere in die strate rondhardloop nie,” het Mbalula gesê.
Polisieminister vergader met AgriSA oor landelike veiligheid
Fikile Mbalula, die minister van polisie, het met die leierskap van AgriSA, wat 28 000 boere en 1 000 boereverenigings verteenwoordig, vergader om die Nasionale Plaaslikeveiligheidstrategie te bespreek wat handelsboeregemeenskappe insluit.
Mbalula aan polisie: ‘Julle moet beter skiet’
“Julle moet verbeter, insluitend jul skietvermoë. Julle moenie mis skiet nie. Kom kyk na my as ek skiet, ek skiet nie mis nie. Ek skiet reguit en baie, baie vinnig. Ek kan terselfdertyd skiet en kruip. Almal van julle moet waaksaam wees, want misdadigers is brutaal; hulle neem ons geliefdes van ons af weg.”
Dubbele standaarde: Die verhaal van drie ‘rassevoorvalle’
Daar het onlangs in een week drie voorvalle in een gebied plaasgevind waar motoriste van verskillende rasse deurgeloop het. Die feit dat net die een voorval waar wit mense oortree het aan die groot klok gehang is, getuig van dubbele standaarde rakende ras in Suid-Afrika, skryf Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.