Saam met ʼn koppie boeretroos sal ʼn voorlesing van ‘Kowie Brönn van Montagu’ deur Abraham H de Vries vorentoe smaak. Luister hier na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se aanbieding.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boek: Ek kan vlieg
Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar “Ek kan vlieg” is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan. Dit is geskik vir kinders van drie en ouer.
Boek: ʼn Ballade vir Nkunzi
Ben haat sy pa en meet uiteindelik ook kragte met die ou bul. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek.
Boek: Saartjie Omnibus 8
In die laaste omnibus in die reeks verdedig Saartjie haar boetie wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet tussen haar boesemvriendin en ʼn koshuismeisie kies en sy neem deel aan ʼn groot kompetisie.
Boek: Pootjies
“Pootjies” is ʼn opbeurende verhaal van ’n verlore klein hondjie en sy soeke na ’n heenkome. Dit is ʼn prenteboek en is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Boek-uittreksel: Vreugde vir Larissa
“Larissa het gedink sy het die gebeure lankal verwerk en vrede daarmee gemaak, maar sy besef nou sy het dit bloot onderdruk.” Lees hier ʼn uittreksel uit Elsa Winckler se jongste roman, “Vreugde vir Larissa”.
Boek: Vreugde vir Larissa
Nog ’n lekkerleesroman uit die pen van ATKV-Woordveertjie-wenner Elsa Winckler en die laaste in die gewilde McGregorreeks ná “’n Brief vir Reina” en “’n Belofte vir Bippie”.
Boekvoorlesing: Hans steek die Rubicon oor
Luister saam na ʼn voorlesing van Rudie van Rensburg se komiese boek “Hans steek die Rubicon oor”.
Boek: Vergeet my nie
Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie met haar vertelling van hoe haar en haar man, Hugo, se liefdespaadjie geloop het.
Boekvoorlesing: Die Bergengel
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”.
Boek-uittreksel: Bekroonde illustreerder gesels oor sy prente vir kinders
Almal ken die welbekende kinderverhaal van Hasie wat sy stert verloor het. Dié storie is pas saam met 13 ander kinderverhale uitgegee. Chris Venter vertel meer oor die illustrasies van “Hasie, hoekom is jou stert so kort?”
Boek-uittreksel: Bitterbosbende (deel een): Die geheim van die nuwe hoof
“Moenie sê dis ons nuwe skoolhoof nie. ’n Vrou … en boonop een wat … ” Kurt sluk droog.
Boek: Bitterbosbende (deel een): Die geheim van die nuwe hoof
Toe Kurt-hulle se idee vir ʼn sonkrag-oondjie té goed werk en hulle ʼn mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied met verrassende gevolge …
Boek: Die koning se wingerd
FA Venter herskep in “Die koning se wingerd” die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het.
Boek: Geen engel nie
“Geen engel nie” is ʼn aangrypende roman oor familie, verraad en wraak.
Boek-uittreksel: Omdat ons saam is
‘Omdat ons saam is’ is deel van Lapa Uitgewers se Romanza-versameling en bied ideale leesstof vir diegene wat versot is op liefdesverhale.
Boek: Die Afloerder
“Die afloerder” is ’n sielkundige riller wat so koud en donker is as kan kom.
Boekvoorlesing: Die wolkversamelaars
Nadia de Kock lees ʼn gedeelte uit haar derde roman “Die wolkversamelaars” voor.
Boek-uittreksel: Skag
“Skaakmat. Hy kan nie agter die voertuig uit nie, en Costa kan nie nader kom sonder om homself te ontbloot nie.”
Boek: Skag
“Skag” is gegrond op ʼn werklike voorval in die jare 80 van die vorige eeu waarin die Deense vragskip die Pia Vesta in ʼn koverte operasie vir sanksie-omseiling gebruik is.