Durf ’n Mevrou Dominee na hartstog en teerheid hunker? Natuurlik! En die liefde kom kry haar waar sy dit nooit sou verwag het nie. Want Suzy is in die eerste plek ’n bloedwarm, baie mooi vrou.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Geur van vergifnis
Dit is ’n onwaarskynlike romanse: ’n hardkoppige man in ’n rolstoel en ’n ewe hardkoppige vrou wat hou by haar blokkieshemde en denims. Die pad is lank voor hulle tuiskom en ja kan sê vir die toekoms.
‘n Tyd vir vasberadenheid
Die een kenmerk wat die meeste geweldsmisdadigers en bendelede in gemeen het, is dat hulle in huise grootgeword het waar daar nie ’n sterk, manlike rolmodel was nie. Dié boek is die inspirerende verhaal van alledaagse helde. Sterk manne wat daagliks as polisiebeamptes met bendelede en geweldsmisdadigers te doen kry, maar tuis die moeilikste werk op aarde doen – pa-wees.
Die Soenoffer
Wat maak dat kinders moord pleeg? Die storie van ’n negejarige reeksmoordenaar.
Die uile in die verlore stad
Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing?
Verklikker – Uittreksel 2
‘n Uittreksel uit Leon van Nierop se boek, “Verklikker”.
Verklikker
…maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien…
Verklikker – uittreksel 1
‘n Uittreksel uit Leon van Nierop se boek, ‘Verklikker’
Uittreksel: Spekskiet
Aangesien oom Bertie Cronje ‘n getroue kerkmens en wyd geliefd in die hele omgewing was, sou die woord “lieg” eenvoudig nie geregtigheid laat geskied nie. Miskien sou “kleurvol gesels” ‘n beter beskrywing wees van hoe die man met die gesproke woord omgegaan het…
Die Uile in die wildtuin
Die Uile in die wildtuin is die vierde van ’n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog Uile-boeke op pad.
Die Otters in die Okavango-moeras
Die Otters is ’n gewilde reeks wat na ’n afwesigheid van 20 jaar – en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aantrek. ‘Die Otters in die Okavango-moeras’ is die agtste en laaste boek in Die Otters-reeks.
Die see
“Die see” is ’n liriese toneelstuk waarin aanvaarding, ontnugtering en hoop stem kry in drie slawevroue wat in die tyd van die VOC as courtisanes vir die bevelvoerder van Die Kasteel opgelei is.
Uittreksel: Alfabet van die voëls
Uittreksel uit die boek “Alfabet van die voëls” deur SJ Naudé. André P. Brink beskryf die verhale in hierdie bundel as “onder die bestes in Afrikaans” .
Alfabet van die voëls
André P. Brink beskryf die verhale in hierdie bundel as “onder die bestes in Afrikaans” .
Interaktief! 7 dae deur Deon Meyer
Speel die interaktiewe speletjie en kyk of jy die moord kan oplos!
Die Groot Maroelas
Natuurliefhebbers, buitelewe-entoesiaste, vakansiegangers in Namibië en die Kalahari sal hierdie samestelling van stories geniet, maar dit behoort tot ’n wye spektrum lesers te spreek, veral vanweë die tema van liefde wat in die stories resoneer.
Spreuke van Langenhoven
C.J. Langenhoven, ook bekend as “Sagmoedige Neelsie”, was een van Suid-Afrika se grootste denkers, digters en skrywers. Hy was ook kampvegter vir Afrikaans. Kom geniet sy wyshede en spitsvondighede, die beste van sy spreuke byeengebring deur J.A. Scannell.
Stryd in die bos
Johan Fourie ’n Helikopter kom laag oor die bosse aangevlieg. Die helikopter, ikoon van wildbewaring in Afrika. ’n Skoot klap. Die renosterkoei steier. Dan kom…
Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach Joshua Gumbo, ‘n lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, skiet Sonja Griessel se ouers per abuis wanneer hy Sonja se 4×4 probeer…
Bloedwater
Douwleen Bredenhann Toe Woudstra Bosman haar in Nederland bel, is Adriana seker hy bel oor haar ma. Sy het dit immers duidelik gemaak dat hy…