Sowat van ʼn uitbundige skietery en rondhollery het jy laas in ʼn James Bond-fliek gesien. Hoe dan ook anders? Dis Netflix se duurste fliek. $200-miljoen!
Alles vir die sleutelwoord "fliekresensie"
Leon van Nierop se fliekresensie: Eiffel
Jy sal in ongeloof staar na hoe die toring opgegaan het. Die besware, struikelblokke, probleme, humeure wat ontplof het … en ʼn liefdesverhaal.
Leon se fliekresensie: Love and Gelato
ʼn Stewige skeppie romanse, beeldskone natuurtonele, ʼn liefdesdriehoek met ʼn verwaande laventelhaan, ʼn sexy meisie en ʼn bleeksiel-sjef.
Leon van Nierop se fliekresensie: Minions: The Rise of Gru
Hierdie aflewering, slegs in teaters, mag kinders opnuut laat besef dat dit eintlik maar beter is om ʼn rolprent op die grootskerm te sien en ouers sal die uitstekende stemwerk en veral die klankbaan baldadig geniet.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Beurtkrag’
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na Ivan Botha en Donnalee Roberts se jongste rolprent, ‘Beurtkrag’, gekyk.
Leon van Nierop se resensie: A Perfect Pairing
Hierdie huppelspring romantiese kaperjolle sal veral in vroue se smaak val.
Leon van Nierop se resensie: Top Gun: Maverick
Manne is nog manne en die avonture meer onmoontlik en lewensgevaarlik as tevore.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Indemnity’
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na die nuwe plaaslike rolprent ‘Indemnity’ gekyk.
Leon van Nierop se fliekresensie: Memory
Soos vla oor poeding, kleur die aksie en gevegstonele die dramatiese gebeure, en wat vir die derde ster verantwoordelik is, is omdat jy nooit regtig weet wat om volgende te verwag nie.
Leon se fliekresensie: Downton Abbey: A New Era
Die fliek is snaaks, luuks op die oog, hartseer en selfs boeiend.
Fliekvlooi Floris se resensie: ‘Gaia’
“Gaia” is op vanjaar se Silwerskermfees as die beste vollengte rolprent aangewys. Kyk hier na Floris Groenewald se resensie van dié Afrikaanse ekologiese gruwelfantasie.
Leon van Nierop se resensie: Recipes for Love and Murder
Dit is die soort Sondagaandvermaak waar jy sit en wens jy het nou ʼn bak koeksisters gehad, maar ook die tannie se skerp brein wat weet watter leidrade om raak te sien en watter vals leidrade jy moet ignoreer.
Leon van Nierop se resensie: Ambulance
Dit kom uit die stal van die aksie-veslaafde Michael Bay wat net jaagtogte en motors wat verongeluk verfilm vir die blote pret daarvan.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Vlugtig’
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na die nuwe rolprent ‘Vlugtig’ gekyk.
Resensie: ‘Turning Red’ bekyk grootword deur ander lens
Die kinkel in dié fliek se kabel is dat Mei nie jou normale 13-jarige meisie is nie.
Leon van Nierop se resensie: Uncharted
As jy en die kinders (bo 13) wil uitgaan en in ʼn teater gaan sit en saam deelneem aan die kaperjolle, is hierdie jou soort fliek.
Leon van Nierop se resensie: Dog
Veral diereliefhebbers en honde-opleiers se gek wees hieroor. ‘Dog’ sal jou deur ander oë na oorlog, toewyding en vriendskap laat kyk.
Leon van Nierop se resensie: Death on the Nile
Gaan fliek weer in ʼn teater. Sit agteroor, eet springmielies, vergaap jou aan die Egiptiese landskap op ʼn wyedoek en die gruwelikhede wat op die boot gebeur, en kyk of jy die motiewe kan identifiseer van wie ook al skuldig is aan die moord.
Leon van Nierop se resensie: Living with Yourself
“Living with Yourself” is die soort reeks wat mens terloops raakkyk. Jy druk die afstandbeheerder en sê vir die mense om jou: “Ag, kom ons kyk waaroor dit gaan!” Dan kom jy op ʼn klomp episodes af wat jou van die begin af sal laat grinnik en uiteindelik sal laat lag.
Leon van Nierop se resensie: The Defeated
Veral mans sal van hierdie dramatiese reeks hou wat afspeel enkele jare ná die Tweede Wêreldoorlog toe Berlyn in vier dele verdeel was, nog voor die Berlynse muur opgegaan het.