Die Afrikaanse musiekgroep F**ofpolisiekar en die kletsrymer Jack Parow is op 8 Julie by Weiveld in Pretoria te sien in ʼn eerste-in-sy-soort-vertoning: rekenaarspeletjies en musiek.
Alles vir die sleutelwoord "Francois van Coke"
[Wen] Rock in jou taal saam met dié kunstenaars
Die gewilde Afrikaanse rocksanger Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, gaan vanjaar op openbare aandrang die verhoog met Die Heuwels Fantasties, Saarkie en The Sweet Resistance deel by die Rock in my taal-musiekkonsert.
Polisiekar vra hulp vir nuwe album
“Die Polisiekar-ding wil net nie doodgaan nie. Ons het probeer om op te breek, maar ons kon nie. Dis groter as wat ons ooit verwag het dit gaan wees en dit is danksy een ding: Julle.”
‘Hierdie is die lewe’ vir Francois van Coke
“Deesdae is dit baie anders as ek by die huis is, want ons het pas ʼn babatjie gehad.”
Van Coke stel nuutste enkelsnit vry
Die eerste enkelsnit van die sanger Francois van Coke se langverwagte tweede album, Hierdie is die lewe, word vandag bekendgestel.
Afrikaanse sanger word pa van skattige babadogtertjie
“Ek glo ek is nou meer gereed vir enigiets as ooit vantevore in my lewe. Ek is baie opgewonde,” het die sanger gesê.
Van omstrede rocker na Afrikaans se goue seun
Francois van Coke, die omstrede rock-ster van die groep met die gewaagde naam, het sedert 2003 tot nou toe verander in ʼn soet seun wat goud werd is vir die Afrikaanse musiekbedryf en hy word boonop eersdaags pa.
Gewilde Afrikaanse rocker binnekort pa
“Ons is baie opgewonde om die ouers van ʼn dogtertjie te word. Sy kom in November en ons kan nie wag nie,” het die sanger op sosiale media gesê.
Van Coke: Solo-debuut skop stof in die lug
Francois van Coke se selfgetitelde solo-debuutalbum is sekerlik een van die topalbums vir 2016. Soos met sy Polisiekar-groep skop hierdie album reeds van die eerste lied af stof in die lug. Dis ’n fantastiese harderock-album wat elke aanhanger van rockmusiek moet hê.
FAK hou musiekfees-makietie vir Afrikaans
Die FAK het Vrydag die organisasie se SA Ekspo FAK Musiekfees met kunstenaars soos Francois van Coke en Nádine aangekondig.
Elvis Blue en Van Coke maak skoonskip by Ghoemas
Die Ghoema-toekennings, wat die room van Suid-Afrikaanse musikante vereer, is Maandag tydens ʼn glansgeleentheid by die Johannesburg Teater gehou.
Nuwe sangbundel vir hedendaagse Afrikaanse musiek
Die Moderne Afrikaanse Jeugsangbundel is ʼn inisiatief van die FAK onder meer om oorspronklike werke van liedjieskrywers aan die Afrikaanse jeug bekend te stel.
Video: SA super-rockgroep staan saam teen kanker
Die Vrede Foundation wat daarop fokus om jongmense bewus te maak van kanker, het vanjaar kragte saamgesnoer met die super-rockgroep ‘Blood Brothers’. Francois van Coke is ook deel van die groep en Maroela Media het met hom gesels oor hoe die Vrede Foundation tot stand gekom het en wat aanhangers van die supergroep kan verwag.
Video: Francois van Coke gesels oor die sukses van ‘Toe vind ek jou’
Maroela Media gesels met Francois van Coke om vas te stel waar die inspirasie vir sy liedjie ‘Toe vind ek jou’ vandaan kom en hoe hy voel oor die goeie ontvangs van die nuwe album.
Video: Francois Van Coke en Karen Zoid se nuwe duet roer die hartsnare
Die video van Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”, ʼn duet saam met Karen Zoid, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Woensdag bekend gestel is en dit word reeds beskryf as “die mooiste ballade van die jaar”.
Video: MK-toekennings bewys alternatiewe musiekbedryf is gesond
Die MK-toekennings vir Suid-Afrika se alternatiewe musiekbedryf het Saterdagaand by die Staatsteater in Pretoria plaasgevind, waar die room van die plaaslike musiekwêreld saamgetrek het om die musikale talent in dié genre te vereer.