Die rektor van die Notre Dame-katedraal het gesê dié baken in Parys is nog steeds só broos dat daar ʼn 50% kans bestaan dat die struktuur nie in sy geheel gered kan word nie.
Alles vir die sleutelwoord "Frankryk"
Staking ontspoor dalk Kersfees in Frankryk
Reisigers en toeriste in Frankryk het Saterdag gesukkel om hul bestemmings tydens die Kersseisoen te bereik weens voortgesette stakings in die land.
Maatskappy skuldig bevind oor selfmoorde
Didier Lombard, nou 77 jaar oud, het in die hof erken hy het in 2006 “ʼn fout gemaak” toe hy gesê het werknemers moet die maatskappy verlaat “deur die deur of deur die venster”
Gou-gou Londen toe en terug
En toe die eerste wit kranse van die Engelse strande begin wys, kry ek trane in my oë. As jy niks verwag het van jou eerste indrukke van Engeland nie, en jy sien skielik Dover Beach se wit kranse in die dag se eerste sonligstrale, dan is dit die mooiste ding wat jy nog ooit gesien het.
Peyper dalk in die sop oor kiekie
Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, kan dalk self ’n rooi kaart kry oor beweerde ’n foto wat op sosiale media die rondte doen.
SA stut spog met Franse paspoort danksy president
Speler aan Franse president: “Mag ek asseblief Franse burgerskap kry? Ek sal ’n trotse Franse burger wees.”
Vier beamptes in polisiekantore vermoor
ʼn Administrateur, gewapen met ʼn mes, het beamptes in die polisie se hoofkwartier in Parys, Frankryk, aangeval. Minstens vier beamptes is dood voor die aanvaller doodgeskiet is.
Voormalige Franse president Jacques Chirac oorlede
Die voormalige Franse president Jacques Chirac is Donderdag in die ouderdom van 86 oorlede.
Kunswerk in haar kombuis toe miljoene werd
Die skildery is vermoedelik deel van ʼn groot diptiek wat uit 1280 dateer.
G7-beraad lewer geen resultaat
Terwyl die G7 juis ontstaan het uit die behoefte van groot, magtige lande om sekerheid te help skep, het vanjaar se G7-beraad eerder bygedra tot groter internasionale politieke onsekerheid.
EU-verkiesing bevestig politieke diversiteit van Europa
Waarheen nou met Europa? Die boodskap wat kiesers die afgelope week aan die Europese Unie gestuur het, is dat een enkele politieke tendens in Europa nie bestaan nie en dat ʼn enkele politieke strategie vir die hele Europa eerder teenstand sal geniet.
Lyon-aanvaller steeds soek
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die voorval, waarna Macron as ʼn “aanval” verwys het, aanvaar nie.
Vertellinge van Viëtnam
As jy ooit in Washington in die VSA kom, besoek gerus die Viëtnam-oorlogsgedenkteken. Op ’n reuse-swart marmermuur is daar digby 60 000 name uitgegraveer.
Franse matroos hou die Kaap Hollands
As jy begin rondsnuffel in die geskiedenis, kom jy op verborge brokkies inligting af wat jou gou laat besef dat Frankryk ook hier in Suid-Afrika sy stempel afgedruk het – en ek praat nie nou hier van die Franse Hugenote nie.
Sakeman skenk 100 miljoen euro om Notre Dame te herstel
Pinault, wat getroud is met die bekende aktrise Salma Hayek, sê hy sal dié geld deur sy familie se beleggingsfirma, Artemis, skenk vir enige werk wat gedoen moet word om die geskiedkundige katedraal te herstel nadat groot dele van die gebou Maandag in ʼn brand verwoes is.
Foto’s: Die wêreld treur oor Notre Dame
Reg oor die wêreld het mense Maandagaand verslae toegekyk hoe die Notre Dame-katedraal, ʼn integrale deel van die geskiedenis en een van Parys se gewildste toeristeaantreklikhede, deur vlamme verteer word.
Brand breek uit by Notre Dame-katedraal in Parys
ʼn Brand het Maandag uitgebreek by die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk.
Diplomatieke botsing tussen Frankryk en Italië
Frankryk en Italië, twee kernlande van die Europese Unie, is tans in ʼn diplomatieke konflik betrokke, die ergste nog sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog.
Vrou vas ná 9 in woonstelbrand sterf
Die vrou het glo ʼn geskiedenis van sielkundige probleme.
Geelbaadjies betoog weer in Frankryk
Duisende betogers sal hierdie naweek weer oor Frankryk heen betoog teen pres. Emmanuel Macron se beleide. Teen-geelbaadjiegroepe beplan ook om die strate in te vaar om die geweld te veroordeel.