Daar is soveel mense wat deur die lewe gaan en nooit weet hoekom hulle hier op aarde geplaas is nie. Wat is jou skeppingsdoel? Hoekom is jy hier? Die filmmaker, Frans Cronjé, wil met sy nuwe film, “The Roar”, die boodskap oordra van hoe om jou lewensdoel uit te ken.
Alles vir die sleutelwoord "Frans Cronje"
Op die rooi tapyt saam met my eie BBP
“Toe ek hierdie week ʼn uitnodiging ontvang na die première van die nuwe rolprent, “6 Below: Miracle on the Mountain”, was Rose my eerste keuse as metgesel. Sien, sy was nog nooit in ʼn teater nie.” Gaan lees meer oor Mia en Rosie se aand en ook oor dié fliek wat die eerste van drie prente is wat deel uitmaak van die Skeppingsdoelveldtog. Die fliek word van vandag af landswyd vertoon. Moet dit nie misloop nie.
Boek: Ontdek jou lewensdoel
Ontdek jou lewensdoel gee nie vir jou ’n lys van dinge wat jy moet doen om ’n goeie man te wees nie. Dit help jou om jou hart en die passie wat God in jou geplant het, weer te ontdek. Só kan jy die lewe leef wat spesiaal vir jou beplan is.