Met die ou landsvlag nou vir alle praktiese doeleindes vir vertoon as haatspraak verbied, word nie net baie vrae gevra soos onder andere die impak op die Nasionale Vredesakkoord nie, maar of die Gelykheidshof nie juis deur die styl van uitspraak eerder as gevolgtrekking méér verdeeldheid gesaai het, en so ook die nuwe vlag as reënboogvlag, onder verdenking plaas nie. Ironies is daar nou in die verre Friesland ’n soortgelyke debat oor hoe inklusief die Friese se eie vlag is.
Lees meer