Ek is Afrikanervrou, Ma en Ouma. En ek het my keuse gemaak.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Front Nasionaal"
Polisiehoof genader oor Randfontein-moorde
Dit is vandag presies drie maande sedert die liggame van vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer, op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand gevind is. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.
Randfontein-moorde: ‘Ma en dogter was onafskeidbaar’
Terwyl reëlings getref word vir die begrafnisse van vier mense wat verlede week wreed op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand vermoor is, hou…
‘Volkome selfbeskikking of niks’, eis party
Die politieke party Front Nasionaal het Vrydag ʼn Vryheidsmanifes aan die regering oorhandig.
Video: Front Nasionaal hof toe oor k-woord
Die gebruik van die k-woord het mense weer aan die praat nadat die politieke party Front Nasionaal ‘n klag by die Gelykheidshof teen Johan Pienaar ingedien het nadat hy die gesigte van bekendes gebruik het in ‘n video van ‘n liedjie van Anton Goosen met die gewraakte woord in die titel.
FN-leierskap glo slagoffer van ‘politieke intimidasie’
Die politieke party Front Nasionaal het Saterdag in ʼn verklaring gesê lede van sy bestuur het die afgelope week twee voorvalle van intimidasie beleef.
Veldtogte begin vir behoud van standbeelde
Verskeie organisasies, waaronder die burgerregte-organisasie AfriForum, het met veldtogte begin teen die verskuiwing en verwydering van standbeelde op openbare terreine.
Paul Kruger-beeld in foelie bedek; Voortrekkerrok vir Mandela-beeld versoek
Die Tshwane-metroraad het Front Nasionaal se versoek om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria van 1 tot 16 Desember in ʼn Voortrekkerrok en -kappie aan te trek, as “blatante uitlokking” beskryf.
Derby-Lewis-kwessie na die VN geneem
Front Nasionaal gaan ʼn formele klagskrif oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van Clive Derby-Lewis se paroolaansoek by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie indien.
Derby-Lewis se vrou wil OB nader
Clive Derby-Lewis se vrou wil die openbare beskermer nader om die polisie en regeringsdepartemente te dwing om hulle werk te doen.
Derby-Lewis: Nóg betogings beplan ná DKD glo eise ignoreer
Front Nasionaal (FN) gaan ʼn derde protesaksie hou nadat eise, wat aan die departement van korrektiewe dienste (DRK) oor Clive Derby-Lewis (78) se vrylating op mediese parool gemaak is, glo onbeantwoord gebly het.
Video: Party brand SAKP-vlag vir Derby-Lewis
Front Nasionaal het Vrydag ʼn vlag van die SAKP voor die departement van korrektiewe dienste in Pretoria aan die brand gesteek tydens sy betoging om Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool te eis.
Front Nasionaal wil restitusie instel op Republiek van Stellaland
Front Nasionaal het Sondag aangekondig hy wil ná die verkiesing op 7 Mei restitusie van die Republiek van Stellaland instel.
Nuuskommentaar: As ek nié gaan stem nie …
Met die totstandkoming van Front Nasionaal wat verskeie groepe in ‘n party saamvoeg om aan die komende verkiesing deel te neem, en die protesaksies teen kieserregistrasie in verskeie informele nedersettings, is daar opnuut ‘n debat oor die wenslikheid en / of legitimiteit om te gaan stem.