Die Menseregtekommissie is bewus van ʼn “groot getal” ongeplaaste leerders in verskeie onderwysdistrikte in Gauteng.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Gauteng departement van onderwys"
Gebrekkige beplanning oorsaak van oorvol skole
Die VF Plus sê die jongste onthullings dat gr. 8-leerders van ʼn oorvol hoërskool in Kempton Park na laerskole in die omgewing oorgeplaas word, is nog ʼn voorbeeld van hoe die Gautengse onderwysdepartement se “gebrekkige beplanning om genoeg skole in die provinsie te bou, ʼn boemerangeffek het”.
‘Roekelose besluit’ om gr. 8’s by laerskole te plaas
“Die departement weet al maande lank van hierdie probleme, en nou, net drie dae voor die skool begin, is dit skielik ʼn krisis.”
Halfmiljard bestee, maar g’n skool om te wys
Gauteng het dringend meer skole nodig, maar al wat die departement van onderwys ná vyf jaar en R500 miljoen kan wys, is tien halfklaar geboude skole.
Krisis dreig met oorvol hoërskole
Sommige distrikte het soveel as 45% meer aansoeke vir gr. 8 gekry het as wat daar plek in skole is. Druk op presterende skole om meer leerders in te neem skep boonop ʼn veiligheidsrisiko weens gebrekkige infrastruktuur.
Plasing in Gautengse skole vorder fluks ná geskil oor kapasiteit
Die Gautengse departement van onderwys het Maandag met plasings begin nadat hy meer as 300 000 aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-leerders ontvang het.
Skoolgemeenskappe op oorlogspad oor ‘dreigbrief’
Die Gautengse departement van onderwys beweer van die provinsie se topskole word onderbenut en daarom sal hy meer leerders hier plaas as wat skole aangedui het hulle kan inneem.
Kommer oor selfmoordgevalle by Gautengse skool
Tsakane Secondary School in Brakpan het die afgelope twee weke te make gehad met selfmoordvoorvalle of selfmoordpogings deur sy leerders en werknemers.
Twee Gautengse leerders neem eie lewe
Een van die leerders was by ʼn korrektiewe sentrum vir jeugdiges ten tyde van die voorval.
Gautengse onderwys-woordvoerder moet amper miljoen terugbetaal vir BBP-beskerming
Die DA is by navraag daaroor ingelig dat Steve Mabona bykomende veiligheidsdiens aangevra het nadat hy glo dreigende telefoonoproepe ontvang het.
‘Tekort aan skole is rede vir plasingsprobleme in Gauteng’
Minder as 10% van die totale getal openbare skole is dus in die laaste tien jaar bygevoeg terwyl die groei van Gauteng se bevolking in dieselfde tydperk meer as 10% was.
Departement stoei om leerders geplaas te kry
Altesaam 571 graad 1- en graad 8-leerders is nog nie geplaas nie.
Kommer heers oor ongeplaaste leerders
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee het nou onder andere ʼn beroep op skole, veral Afrikaanse skole, gedoen om hul deure oop te maak om Engelssprekende leerders in hierdie tyd te akkommodeer.
‘Elke kind sál skoolgaan’ – LUR
Die Gautengse departement van onderwys spook steeds om ʼn klompie gr. 1 en gr. 8 -leerders in oorvol skole te plaas, voordat die skole môre begin.
Drie dae om 35 000 leerders te plaas
Meer as een uit elke tien leerders wat aansoek gedoen het om plek in gr. 1 en gr. 8 in ʼn Gautengse skool, is nog nie geplaas nie.
Drie Gautengse leerders sterf in ’n week
Twee van die kinders het in ’n bus op pad huis toe siek geword terwyl die polisie die derde leerder se dood ondersoek.
‘Moenie skoolplasings oorhaastig aanvaar’
Die Gautengse departement van onderwys het Maandag begin om plasingsaanbiedinge aan die ouers van volgende jaar se gr. 1’s en gr. 8’s te stuur.
Gautengse skole: Meer aansoeke as plek
LUR Panyaza Lesufi sê ouers moet daarop voorbereid wees dat hul kinders moontlik nié in die skool van hul keuse plek gekry het nie.
Enkele ure oor vir skoolaansoeke in Gauteng
“Dit wil voorkom asof die meeste van verlede jaar se uitdagings nou aandag geniet het en ons is dankbaar dat daar vanjaar min probleme met die aanlyn stelsel was.”
Dít moet jy weet voor skoolplasings open
Die departement het Donderdag die versekering gegee dat die aanlyn aansoekstelsel vanjaar tot 40 000 gebruikers op enige gegewe tydstip op een slag kan hanteer.