Die voorgestelde wysigingsbeleid skep regsonsekerheid en kan net lei tot verdere verbrokkeling van ’n reeds kwesbare verhouding, ten koste van die toegang tot basiese onderwys.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng departement van onderwys"
Lesufi maak talle omstrede uitlatings by inligtingsessie
“Julle kan dankbaar wees ek staan hier en probeer mooi met julle praat. Die LUR ná my gaan nie met julle onderhandel nie, maar julle dwing om te doen wat ons wil hê,”
‘Verbeter disfunksionele skole en pak eerder unies’
Lesufi het tydens dié inligtingsessie by Sutherland High School in Centurion aan ouers gesê daar is genoeg klaskamers en skole in die provinsie om alle leerders in te neem, maar die uitdaging is dat sommige skole meer aansoeke as ander ontvang.
Laaste dag om skoolplasings te aanvaar, verwerp
“As ouers nog nie die voorstelle teen Vrydag 17 Augustus aanvaar het nie, mag die departement dit namens hulle doen ingevolge die toelatingsbeleid en kriteria.”
Organisasies eis Lesufi se afdanking oor planne vir skole
“Dit is ironies dat Lesufi meer mag oor openbare skole wil hê, terwyl regeringsubsidies en gesubsidieerde poste aan skole afneem.”
Matrikulant sterf ná kar hom tref
“ʼn Ambulans, die metropolisie en die leerder se ouers is na die toneel ontbied. Die seun is na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.”
Onderwysdepartement sê daar was ʼn goeie Afrikaanse tabel
Die Gautengse onderwysdepartement sê ʼn korrek vertaalde Afrikaanse weergawe van die periodieke tabel is wel aan hoërskole vir die tegniesewetenskapvraestelle, wat in Junie afgelê is, verskaf.
Gauteng aanlynaansoeke: Opskud, waarsku departement
“Die departement beweeg weg van laat aansoeke en ouers wat nie op 28 Mei 2018 om middernag aanlyn aansoek gedoen het nie, loop die risiko dat hul kinders nie in Januarie 2019 skool toe sal kan gaan nie.”
Aanlyn aansoeke in Gauteng: Sommige gesogte Afrikaanse skole dalk reeds vol
Melanie Buys, ʼn onderwysspesialis by Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum, het gesê die sentrum weet van een Afrikaanse skool wat meer as 400 aansoeke ontvang het terwyl dit plek vir omtrent net 250 leerders het.
Gauteng-skoleregistrasie laat nie ruimte vir moedertaalonderrig nie
Volgens Steve Mabona, die departement se woordvoerder, is die oplossing dat enkelmedium Afrikaanse skole voortaan na ’n parallelmediumstelsel met Afrikaanse en Engelse klasse moet oorskakel.
Belangrike inligting as jy by Gauteng-skool wil inskryf
Inskrywings vir 2019 vir graad 1 en graad 8 in skole in Gauteng open Maandag. Hier is belangrike inligting vir alle ouers wat hul kinders moet inskryf.
Gauteng-aanlynaansoeke open dan: ‘Afrikaanse ouers moet gou spring’
“Een van die veranderinge wat ons hierdie jaar aan die stelsel aangebring het, is dat ʼn ouer by enige skool vir toelating van hul kind kan aansoek doen, maak nie saak wat die onderrigmedium van die skool is nie.”
Skole open wel vandag ondanks Winnie-boodskap
“Dit is jammer dat so ʼn misleidende boodskap versprei word en die departement distansieer hom van die ongegronde ‘kennisgewing’.”
Video: Leerder rand glo onderwyser aan
Die departement van onderwys het intussen laat hoor dat hulle die voorval ondersoek.
Skoolhoof in skokfoto’s: Onnies geskors
Die skoolhoof in intussen by die Suid-Afrikaanse raad van opvoeders aangegee om van die opvoederrol geskrap te word.
Gauteng-skole: Nog duisende leerders geplaas
“Ons sal alles moontlik doen om alle ongeplaasde leerders teen einde Februarie te plaas. Ouers word aangemoedig om hul aanbiedinge van skole wat nie hul eerste keuse was nie te aanvaar omdat talle skole volle kapasiteit bereik het.”
Duisende Gautengse leerders nog nie geplaas
Slegs ʼn baie klein gedeelte van die Gautengse leerders wat Woensdag met graad 1 of graad 8 moet begin, is al in skole geplaas.
Overvaal: Uitspraak gelewer
Uitspraak is vanmiddag gelewer in die hofsaak waarin die departement van onderwys opdrag gegee het dat 55 Engelssprekende leerders by Hoërskool Overvaal in Vereeniging toegelaat moet word.
Stormskade: Talle skole kan nie heropen
Talle Gautengse skole sal nie op die eerste dag van die akademiese jaar kan heropen nie as gevolg van die skade wat tydens die onlangse storm aangerig is asook voorvalle van vandalisme oor die feesseisoen.
Solidariteit sal Gauteng-onnies bystaan
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê dat hy enige onderwyser wat steeds onregmatig deur die Gautengse onderwysdepartement se nuwe personeelvoorsiening geraak word met regshulp sal ondersteun.