Die Gautengse departement van onderwys het Maandag gesê hy verwerp die aantygings van sommige skoolhoofde dat talle onderwysers hulle werk in 2018 gaan verloor.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng departement van onderwys"
Finansiering vir 1 600 onderwysposte dalk gesny
Dit het aan die lig gekom dat die finansiering vir 1 600 onderwysposte gesny gaan word. Skole sal nou tydens die Desembervakansie moet skarrel om planne te beraam oor hoe die pad vorentoe lyk met minder poste en oortollige onderwysers.
Groot kommer oor aantal poste by Gautengse skole
Hoofde van die meeste hoërskole in Gauteng sit met hulle hande in die hare omdat hulle inderhaas moet rondskarrel om te verseker dat hulle al hulle onderwysers vir 2018 kan behou en bekostig.
Talle vrae oor Lesufi se ondersoek by Afrikaanse laerskool
“Lesufi se uitlatings oor die skool is baie onbillik.”
Laat aansoeke vir 2018-skooljaar sluit dán
Aansoeke is weer heropen om ouers wat die 12 Junie-sperdatum misgeloop het, nog ʼn geleentheid te gee om aansoek te doen.
Aanlyn skoolregistrasie vir Gauteng weer oop
Die Gautengse departement van onderwys het Woensdagoggend 08:00 weer aanlyn registrasie oopgestel vir ouers wat die sperdatum van 12 Junie gemis het.
‘Sekspes’-busbestuurder moet glo vrygelaat word
Die Gautengse departement van onderwys het vroeër gesê die busbestuurder is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 13-jarige leerder op 13 en 16 Oktober seksueel aangerand het.
Babaverkragting in skooltaak: ‘Ons het leerders gewaarsku; wil hulle voorberei’
“Ons beveel ook aan dat ouers direk by die onderwysdepartement kapsie moet maak indien hulle ongelukkig is oor hierdie soort vrae.”
Bewerings van seksuele aanranding by Pta-laerskool
“Beamptes van die departement het die skool reeds besoek.”
Vraag oor babaverkragting in skooltaak ontstel
ʼn Vraag uit ʼn matriekdrama-vraestel wat in 2013 landwyd ʼn herrie veroorsaak het, het nou weer in ʼn taak by ʼn hoërskool aan die Wesrand opgeduik.
Onderwysdepartement sê oor Meyerspark se beheerliggaam
Die Gautengse onderwysdepartement sê hulle het besluit om die omstrede beheerliggaam van Laerskool Meyerspark van alle magte te stroop en ʼn bestuursadministrateur oor die skool aan te stel.
Probleme by Pretoriase laerskool duur voort
Gerugte dat alles steeds nie pluis is met die manier waarop die beheerliggaam van Laerskool Meyerspark die skool se finansies bestuur nie, wil maar net nie gaan lê nie.
Ouers gewaarsku oor plasing by Gauteng-skole
Die Gautengse departement van onderwys het ouers Maandag gewaarsku dat meer as 70 000 leerders die risiko loop om hul plek in skole vir gr. 1 en gr. 8 volgende jaar te verloor.
Departement maan ouers om aansoek te doen
Die Gautengse departement van onderwys het ouers daaraan herinner om die aanlynaansoekvorm vir hul graad 1’s en graad 8’s te voltooi.
Aanlynregistrasieproses: Kommer oor skole se insae
Terwyl die aanlynregistrasieproses vir gr.1- en gr. 8-leerders in Gauteng tot dusver veel gladder as verlede jaar sʼn verloop, heers daar steeds kommer oor wat die stelsel mag inhou vir die toekoms van openbare Afrikaanse enkelmediumskole.
Lesersbrief: Onnie kla oor aanlynskoleregistrasieproses
Skole, Fedsas en AfriForum moet eis dat die stelsel ter wille van deursigtigheid onmiddellik vir skole oopgestel word! Soos die stelsel nou bedryf word, is daar alle ruimte vir grootskaalse knoeiery.
Gauteng-skoolaansoeke stroom in
Die departement het vroeër gesê talle verbeteringe is op die stelsel aangebring om ʼn soortgelyke voorval te voorkom, maar daar is wel vandag ʼn paar kleiner probleme in die aanlynstelsel geïdentifiseer.
Gauteng-aansoeke verloop glad
Volgens die Gautengse departement van onderwys is 32 000 graad 1- en graad 8-leerlinge al Dinsdag suksesvol via aanlyn aansoeke ingeskryf.
Ouers eis Laerskool Meyerspark se beheerliggaam moet ontbind
Bekommerde ouers van Laerskool Meyerspark gaan vanaand ʼn versoekskrif met sowat 600 handtekeninge aan die Gautengse onderwysdepartement oorhandig waarin hulle eis dat die skool se beheerliggaam onmiddellik bedank, of deur die departement ontbind word.
Gauteng-skole: Net ʼn paar honderd nog op waglys
Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag aangekondig dat die waglys vir kinders wat nog in skole geplaas moet word van nagenoeg 58 000 na 377 gekrimp het.