Die polisie is steeds op soek na vier van die sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Maandag uit die Lenasia-landdroshof se selle ontsnap het.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Ondersoek ná bewering van polisieman se suggestiewe handgebaar
ʼn Voorval word ondersoek nadat ʼn polisiebeampte na bewering ʼn jong vrou in die Sandton-polisiestasie seksueel geteister het.
Benoni-raaiseldood: Seun glo eers twee weke ná verdwyning dood
Die familie van die tienerseun van Benoni wie se liggaam in stukke langs ʼn treinspoor gevind is, het nog geen antwoord oor die oorsaak van die 17-jarige se raaiseldood nie.
Foto’s: R59 gesluit ná gru-ongeluk buite Vereeniging
Vyf mense is Woensdag beseer, waarvan drie kritiek, in ʼn ongeluk tussen ses motors en ʼn swaarvoertuig op die R59 buite Vereeniging in Gauteng.
Limpopo-boer oorleef vyfde aanval in minder as ʼn jaar
Japie du Toit (60), ʼn boer van Laersdrif in Limpopo, het Maandag die vyfde rooftog op sy plaas in minder as ʼn jaar oorleef.
Foto’s: Polisie se flink optrede fnuik drie se planne
Drie rowers is Woensdagoggend op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ʼn huis in Crosby, Johannesburg, te beroof.
Sewe gevangenes ontsnap uit Gauteng-hof
Sewe verhoorafwagtende gevangenes het Maandag uit die aanhoudingselle van die Lenasia-landdroshof ontsnap nadat hulle polisiebeamptes oorrompel het.
18-jarige vas oor man se moord
ʼn 18-jarige is Sondag in Diepsloot in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 45-jarige man.
Ná 4 jaar steeds geen teken van jong man
Dit is amper weer André du Plessis se verjaardag en dit sal die vierde jaar wees wat sy gesin dit vier sonder dat hulle ʼn idee het wat van hom geword het.
Motor ‘ontplof’: Gemeenskap ruk op om paartjie te groet
Honderde voertuie het Sondag ʼn stoet van sowat 4 km lank gevorm as deel van ʼn huldeblyk aan ʼn Boksburgse GPF-lid wat vroeër die oggend saam met sy vriendin in ʼn motorongeluk dood is.
Twee dood na motor ‘ontplof’
Twee mense is vroeg Sondagoggend dood nadat die motor waarin hul was gerol en toe glo ontplof het in Benoni aan die Oos-Rand.
Alexandra-skietery: Oorledenes se name bekend
Die polisie in Gauteng het Donderdag die name bekendgemaak van die vyf mense wat Woensdagaand in Alexandra, noord van Johannesburg, doodgeskiet is.
Passasiers spring uit bewegende bus
Altesaam 19 mense is beseer toe hulle Donderdagoggend in Johannesburg by die vensters van ʼn bewegende bus uitgespring het.
Tragedie by Alexandra-polisiestasie eis 5 lewens
ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.
Leeu-aanval: Vrou se naam bekend
Die Amerikaanse toeris wat Maandagmiddag by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, deur ʼn leeuwyfie doodgebyt is, se naam is bekend.
Goeie nuus: Ontvoerde seuntjie ná vyf maande opgespoor
Puik speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn seuntjie Maandag opgespoor is nadat hy in Januarie in ʼn park aan die Oos-Rand ontvoer is.
Ondersoek ná man in aanhoudingselle sterf
Die polisie in Daveyton aan die Oos-Rand het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen nadat ʼn man in aanhouding dood is.
Ondersoek kom oor foto’s van polisiebeamptes
Die polisie het ʼn dissiplinêre ondersoek van stapel gestuur nadat foto’s van polisiebeamptes, wat in hul amptelike voertuig lê en slaap, wyd op sosiale media versprei is.
Leeu dalk geskuif ná vrou sterf
Die leeuwyfie wat Maandagmiddag ʼn vrou by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, doodgebyt het, sal waarskynlik na ʼn ander perseel geskuif word.
Twee vas oor lyk by Dieretuinmeer
Twee mense verskyn Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof weens die moord op ʼn man wie se liggaam verlede week by die stad se Dieretuinmeer opgespoor is.