Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole wat die afgelope naweek in Alexandra, noord van Johannesburg, vermoor is.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Vyf sterf in gru-botsing
Vyf mense is dood en minstens 50 beseer in ʼn ongeluk Maandagoggend naby Carletonville in die weste van Gauteng.
Twee wat glo steel in Jeppestown doodgeskiet
Twee mans is Saterdag in Jeppestown in Johannesburg doodgeskiet deur ʼn man wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle geld van hom gesteel het.
Polisiemanne hou glo gekaapte kar
Twee Gautengse polisiebeamptes moet Vrydag in die hof verskyn nadat hulle glo ʼn gekaapte motor waarop hulle beslag gelê het, gehou het.
Winkel oornag in Jhb geplunder
ʼn Winkel is Woensdagnag in Malvern, Johannesburg, geplunder nadat skermutselinge die dag tussen buitelanders en plaaslike inwoners in die sentrale sakedistrik uitgebreek het.
Standbeelde in Krugersdorp geskend
Twee standbeelde in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Woensdag in die vroeë oggendure met rooi verf besmeer.
Roodepoort-ouers van moord op tweede baba aangekla
ʼn Paartjie van Roodepoort wat teregstaan vir die moord op hul vyf maande oue babadogtertjie, het glo op die vlug geslaan nadat hulle ook van die moord op hul tweede kind aangekla is, het Netwerk24 Woensdag berig.
Vrou (70) van Boksburg dood aangetref
ʼn 70-jarige vrou is Dinsdagaand dood aangetref in haar huis in Van Dykpark in Boksburg aan die Oos-Rand.
Nuwe kragbesparing-metode vir Jhb beplan
ʼn Nuwe kragbesparingsinisiatief wat krag beperk eerder as om dit heeltemal af te skakel, sal binnekort in Johannesburg geïmplementeer word.
Drie in hof ná polisiemanne se moord op N3
Drie persone het Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die skietery op drie polisiebeamptes op die N3-snelweg naby die Modderfontein-afrit in Gauteng.
Jhb-sakeman doodgeskiet: ‘My pa was spesiaal’
André Botha (59), ʼn bekende sakeman van Johannesburg, is Saterdag voor sy huis in Northcliff, Johannesburg doodgeskiet.
Ongeluk eis sportster kort voor baba se geboorte
ʼn Jong sportster van Centurion is Sondagmiddag kort nadat hy uit Skotland teruggekeer het om by sy kind se geboorte te wees, in ʼn motorfietsongeluk oorlede.
Vakbondpresident se huis met petrolbom gegooi
Die president van die vervoervakbond Satawu se huis in Vosloorus is vroeg Dinsdagoggend met ʼn petrolbom gegooi.
Vakbondleier op N17 doodgeskiet
Die sekretaris-generaal van die vervoervakbond Satawu is Maandagaand op die N17 in Germiston aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Verdagtes geskiet ná hulle speelgoedgewere op polisie rig
ʼn Groep mans, glo onwettige myners, is oor die naweek in ʼn Hop-huisie in Daveyton, Gauteng, in hegtenis geneem.
“Nuwe aanlyn-toelatingsproses is onregmatig” – Fedsas
Fedsas sê dat elektroniese aansoeke om skooltoelating teenstrydig is met die Skolewet en dat dit slegs ʼn poging van die Gauteng-onderwysdepartement is om self beheer oor die plasing van leerlinge te neem.
Twee gevonnis ná hulle jong pa voor vrou, kinders skiet
Twee van die mans wat Dawie Maree (27) sewe jaar gelede voor sy vrou en kinders doodgeskiet het, is Donderdag gevonnis.
Sesjarige sterf ná N14-botsing wat ma eis
Die sesjarige meisie wat verlede week kritiek beseer is in die botsing op die N14 waarin haar ma dood is, is ook oorlede.
Vyf vas oor polisiemoorde
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die moorde op drie polisiebeamptes.
Jong man sterf toe hy op bakkie wou spring
Justin van der Merwe (28) het Vrydagaand saam met vriende by ʼn huis in Faerie Glen gebraai voor hulle besluit het om na ʼn kuierplek te ry en die aand in ʼn tragedie ontaard het.