Die liggaam van ʼn baba is Vrydagoggend in ʼn asblik in Moreletapark, in Pretoria-Oos, in ʼn asblik gevind.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Centurion-kragkrisis: Inwoner skok homself dood
ʼn Inwoner van Raslouw in Centurion is vroeg Vrydagoggend doodgeskok toe hy glo self probeer het om sy huis se elektrisiteitstoevoer te herstel.
Jong vrou sterf in bromponie-botsing
ʼn 26-jarige vrou is Donderdagaand dood nadat haar bromponie ʼn ligte voertuig in Roodepoort, Johannesburg, getref het.
Malema: ‘Ons sal Gauteng onregeerbaar maak’
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gewaarsku dat indien partylede weer uit die Gautengse wetgewer gejaag word, hy die provinsie onregeerbaar sal maak.
Rowers slaan toe op PTA-winkelsentrum
Die polisie het Donderdag ʼn beroep gedoen op mense om op die uitkyk te wees vir ʼn wit bakkie nadat ʼn gewapende rooftog omstreeks 13:00 by Mayville Mall in die noordweste van Pretoria plaasgevind het.
Man met spykergeweer in bors geskiet
ʼn Man is in ʼn kritiekte toestand nadat hy Donderdag op ʼn kleinhoewe in Benoni, Gauteng, met ʼn spykergeweer in die bors geskiet is.
Foto’s: Betogers beskadig voertuie by Eskom-depot
Inwoners van Orlando-Oos in Soweto het glo Woensdagaand 22 voertuie by Soweto se Eskom-depot beskadig omdat hulle nie elektrisiteit het nie.
Beloning vir platejoggie se inhegtenisname
ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van ʼn Gautengse radioaanbieder wat sedert Sondag die polisie ontduik ná sy meisie se moord.
“Polisie het lede aangerand” – EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) beweer die polisie het twee van sy lede aangerand toe hulle Dinsdag gedwing is om die provinsiale wetgewer in Gauteng te verlaat oor hul kleredrag.
Foto’s: Polisie gevra om EFF uit wetgewer te verwyder
Die polisie is Dinsdag ontbied om sewe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) uit die provinsiale wetgewer in Gauteng te verwyder, berig Times Live.
GPF-lid word dalk vervolg ná hy rower skiet
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn lid van die Geduld-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springs, Gauteng, Sondagaand glo ʼn vermeende rower in die been geskiet het.
Vier vas vir diefstal van mangatdeksels
Vier mense is in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat 18 staal-mangatdeksels tydens ʼn klopjag by ʼn skrootwerf opgespoor is.
BMW gekap oor advertensie
Die Suid-Afrikaanse Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS) het BMW gekap oor ʼn omstrede advertensiebord van die maatskappy se Mini Cooper-motor.
Cosatu: ‘Regering twyfel oor e-tol’
Cosatu sê die premier van Gauteng, David Makhura, se besluit om ‘n paneel aan te stel om e-tol te hersien, wys dat die regering twyfel oor die omstrede stelsel.
E-tol in Gauteng gaan hersien word
David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag planne aangekondig om e-tol in die provinsie te hersien
Liefdesdriehoek eindig in dubbele selfmoord
Morné de Bruin (34) is Donderdag uit die NG Kerk Culembeeck in Witpoortjie, Roodepoort, begrawe ná ʼn liefdesdriehoek glo in ʼn dubbele selfmoord geëindig het.
Gauteng-verkeersbeamptes geskiet
Twee verkeersbeamptes is Donderdagaand in Heidelberg, Gauteng, geskiet en gewond terwyl hulle aan diens was.
Talle Gauteng-skole glo sonder water
Die Emfuleni-munisipaliteit, wat onder andere Vereeniging en Vanderbijlpark in Gauteng beheer, is glo sedert Woensdag besig om watertoevoer by skole in die gebied af te sny omdat die skole glo agterstallig is met erfbelasting.
Malibongwe-padwoede: Man weer in hof oor motorfietsryer se skietdood
Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, het Donderdag vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Een van die vermeende diewe wat in ʼn Johannesburgse gebou vasgekeer was nadat die gebou gedeeltelik ineengestort het, se arm moes Donderdagoggend geamputeer word om hom uit die puin te red.