Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking was teen laat Maandagaand nog onseker of enige Suid-Afrikaners geraak word deur die ineenstorting van geboue in Lagos, Nigerië wat tot die dood van meer as 40 mense gelei het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "gebou"
Foto’s: AfriForum betree nuwe fase met nuwe gebou
Steve Hofmeyr en Sorina Erasmus, ook bekend as “die Flooze”, was van die talle gaste wat Dinsdag tydens ʼn spoggeleentheid AfriForum se nuwe hoofkantoor in Centurion ingewy het.
Pretoria-straat dalk na Mao Tse-tung vernoem?
Die Tshwane-metroraad het voorgestel dat ʼn straat of plek in Pretoria na Mao Tse-tung, die leier van die kommunistiese revolusie in China, vernoem moet word.
Talle beseer, vermis ná Alberton-huis ineenstort
Nooddienswerkers is steeds op ʼn toneel in Meyersdal, Alberton in Gauteng waar ʼn gebou Maandagoggend ineengestort het.
Gebou-ineenstorting: Nog drie liggame gevind
Nog drie liggame is in die puin gevind van ‘n gebou wat in Junie in Power Park in Soweto ineengestort het.
Nooddienste verhoed om brandende gebou te betree
Inwoners het nooddiensbeamptes Vrydag verhoed om ʼn brandende gebou in Johannesburg se middestad te betree, omdat daar glo misdadigers in die gebou woon.
Gebou-ineenstorting: Dodetal styg tot vier
Reddingswerkers het ‘n vierde liggaam gevind in die puin van die gebou wat Woensdagoggend in Power Park in Soweto ineengestort het.
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Een van die vermeende diewe wat in ʼn Johannesburgse gebou vasgekeer was nadat die gebou gedeeltelik ineengestort het, se arm moes Donderdagoggend geamputeer word om hom uit die puin te red.
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer na gebou ineenstort
Die Johannesburgse nooddienste het bevestig dat een persoon dood is en minstens nog een persoon vasgekeer is na ‘n gebou Woensdagoggend in Power Park in Soweto ineengestort het.
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer
Die Johannesburgse nooddienste en polisie is op die toneel waar drie mans vasgekeer is nadat ʼn gebou gedeeltelik ineengestort het.
Twee beseer na gebou ineenstort
Twee mans is beseer nadat ‘n gebou Maandagoggend in Midrand ineengestort het.
Ma, drie kinders val na hul dood
Die polisie in Japan ondersoek ‘n moontlike selfmoord nadat ‘n ma en haar drie klein kinders na hul dood geval het uit ‘n woonstelgebou.
Gebou laat karre smelt
‘n Britse eiendomsontwikkelaar het Dinsdag gesê hy sal ondersoek instel nadat sonstrale, wat van sy halfgeboude wolkekrabber in Londen af skyn, verskeie dele van motors, insluitend ‘n luukse Jaguar-motor, gesmelt het.
Video: Disney World-gebou deur sinkgat “ingesluk”
Een gebou naby Disney World in Florida, Amerika, sak al hoe dieper in die grond weg en ʼn ander gebou het reeds weens ʼn sinkgat in die omgewing ineengestort.