Quintin, die robot wat dokters by die Tygerberg-hospitaal se intensiewesorgeenheid (ISE) bystaan, help nou ook om bekommerde gesinslede in aanraking te bring met ISE-pasiёnte wat geïsoleer moet word – en stel hulle in sommige gevalle in staat om vir oulaas afskeid te neem.
Alles vir die sleutelwoord "Geestesgesondheid"
Oorweeg ʼn detoks vir jou psigiese welstand
As jy jou emosionele en sielkundige welstand vandag moes beoordeel, watter punt uit tien sal jy vir jouself wou gee?
SA’ners stres, stry meer te midde van pandemie
Altesaam 81% van deelnemers het hulle te midde van die pandemie tot ongesonde kos gewend, terwyl alkohol vir 20% ’n toevlug was.
Kenmerke van slagoffers – die persoon en die gemeenskap
Ons ken almal so ’n gesin. Soms is ons deel van dáárdie gesin. Soms is ons selfs daardie persoon. Om ’n slagoffer in ’n verhouding of gesin te wees, is emosioneel, fisiek en geestelik uitputtend.
‘Spreek lewe’ – ’n boodskap van inspirasie vir die jongmense
As daar ooit ʼn tyd was vir my en jou om lewe oor ons kinders uit te spreek, dan is tyd nou.
Sielkundige impak van Covid-19 en wat om daaromtrent te doen
“’n Verdere probleem wat ons nou in die gesig staar, is die gevolge van die regering se strategieë (met reg) om die virus te beperk. Dit sluit self-isolasie, sosiale distansiëring en selfs kwarantyn in. Hierdie onnatuurlike en skielike gedwonge veranderings in gedrag skep ’n nuwe stel geestesgesondheidsuitdagings.”
Al meer SA’ners eis vir psigiatriese versteurings
Selfmoordeise het tussen 2018 en 2019 met bykans ʼn kwart toegeneem.
Leandie du Randt se raad vir as die grendelkoors jou pak
“Ek moes vinnig en kreatief dink oor hoe om my aanlyn sakeonderneming aan die lewe te hou. Die onderneming het my nog elke dag van die inperking besig gehou.”
Dit is hoekom jy sukkel om te slaap
Kruger sê dat ’n gedeelte van die brein genaamd die dorsale gesinguleerde korteks in tye van onsekerheid, die onsekerheid as ’n fout of ’n gaping registreer, wat vir die brein sê om besonder waaksaam te wees omdat iets verkeerd kan wees.
Stresvlakke in huishoudings neem toe, raad oor wat om te doen
“As jy onder druk is en angstig voel, moet jy besef dat jy dit nie alleen hoef te hanteer nie. Daar is mense en organisasies wat kan en wil help.”
Sien om na jou geestesgesondheid tydens Covid-19
Daar is toenemende kommer oor die ingrypende veranderinge wat Covid-19 veroorsaak in ons lewe, gemeenskap en ekonomie. Geleerdes is veral bekommerd oor die psigologiese effek van die pandemie op veral bejaardes, kinders en tieners, minderbevoorregtes en gesondheidswerkers.
Bewusmakingsweek laat kollig op tienerselfdood val
Van 21 tot 28 Februarie val die kollig op die onderwerp van tienerselfdood.
UJ span tegnologie in om geestesversteurings te beveg
Die Universiteit van Johannesburg loods ’n aanlyn-geestesgesondheidsprofielstelsel wat hoop om ’n verskil aan die geestestoestand van Gautengse leerders te maak.
Video: Kliniek stap ekstra myl vir geestesgesondheid
Met dié video wil hulle die stigma rondom geestesgesondheid afbreek deur die boodskap uit te stuur dat “jy nie mal is as jy depressie het nie” en dat “jy nie skaam hoef te wees om te erken dat jy aan ’n geestessiekte ly nie”.
Hoe geestesgesondheid die kontinent kan help
Meer as 45% van Afrika se bevolking bestaan uit babas, kinders en jong volwassenes en teen 2030 gaan die kontinent na raming die grootste getal kinders onder die ouderdom van 18 jaar in die wêreld hê.
Amerika: droom of nagmerrie?
As buitestaander ontstel die kultuur van “vrye teuels”- en die “geen grense”-opvoeding van kinders in Amerika my geweldig. Die langtermynuitwerking daarvan is kommerwekkend, en wanneer jy faal, kan die Amerikaanse droom maklik in ʼn Amerikaans nagmerrie vir almal verander, skryf Rhoda Kadalie.
‘Uitbranding’ nou amptelik ‘n diagnose
Die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) het “uitbranding” vandeesweek amptelik as ʼn beroepsprobleem erken.
Só werk alleenmense se breinchemie
Ongeveer 25% van die bevolking is nie groepsmense, spanmense of sosiale vlinders wat daarvan hou om oor die weer te praat nie. Hulle verkies om alleen in die donkerste hoekie van die partytjie hul glasie wyn te geniet terwyl hulle alles en almal om hulle kan waarneem.
Troetelhonde laat kinders ontspan
Nie net kan Woef klaarblyklik help om Boetie of Sussie se selfbeeld te verbeter nie, hy dra ook by om angstigheid te verminder en sosiale inskakeling te vergemaklik.
Dít is taboe!
Indien daar tien mense saam in ʼn vertrek is en een van hulle maak hul “status” as Wipplankryer bekend, is die kans goed dat die persoon met drie veralgemenings, vier kitskure en twee of drie jou-geloof-skiet-tekort-opmerkings gekonfronteer gaan word. Geen wonder die meeste van ons het die kuns om oukei te lyk, al vervolmaak nie.