Soms is die lewe ’n oorlogsterrein waar ons ware vyand nie vlees en bloed is nie, maar die duiwel en sy bose trawante. Dis in sulke tye wanneer jou geestelike fiksheid deurslaggewend kan wees.
Alles vir die sleutelwoord "Geestesgesondheid"
Tehuis vir skisofrenielyers moet deure dalk sluit
“Die trane vloei elke keer as ek dink aan my kind en die ander inwoners wat so swaar kry as gevolg van die siekte.”
Jou wip maak (ander!) seer
Maar, liewe Wipplankryer, één ding moet jy onthou. Daar is mense in jou lewe wat jou pyn sien en hartseer is daaroor. Maar jy maak hulle seer.
Gegrens, gegrendel, gegrond
Die wipplank ry deesdae minder rof met my. En ek glo dit is omdat ek ʼn groot deurbraak gemaak het ʼn jaar gelede. Ek het die waarde van grense ontdek.
Laat pyn jou ly of lei?
“Ek hoop dat ek hierdie keer iemand daar onder kry wat ek saam met my weer boontoe kan lei. Iemand vir wie my littekens van vorige valslae nóú iets kan beteken, terwyl ek aan my nuwe wonde werk.”
Uitgesluit
Moenie ʼn jas aantrek wat jou nie pas nie. Doen jou eie Ek is-oefening. Vind jou identiteit en wees lief vir die persoon wat jy ontdek en mag jy vind wie jy in God se oë is.
Ondersteun mekaar
Dit is vandag jou keuse om 2018 te omhels, van elke uitdaging ʼn geleentheid te maak. Hou die verhoudings in die gesin kerngesond, staan saam teen elke storm, deel in mekaar se vreugde en oorwinning, om aan die einde van die jaar dankbaar terug te kyk en te sien in watter groot seën die gesin gedeel het.
Demensie – die hartseer siekte
Ma het onlangs 90 geword. Maar wat ’n groot oomblik moes wees, laat ons met die hande in die hare – sy is al ’n dekade nie meer met ons nie ná sy demensie ontwikkel het. Herman Toerien deel sy familie se persoonlike ervaring met die hartseer siekte van demensie:
Die waarheid van Kersfees waaroor mense graag swyg
Dalk is jy een van die gelukkiges wat werklik uitsien na die seëninge van hierdie Kerstyd. Wees dan aktief op die uitkyk na mense vir wie die seer dalk groter is as die seën. Wees jý dan vir hulle ʼn ekstra seën.
Uitbranding: Die einde-van-die-jaar siekte
“Uitbranding is amper soos ʼn depressie wat oor ʼn mens kom. Dit is ʼn fisieke en geestelike moegheid en dit raak selfs mense wat oor die algemeen positief is.”
Waarom haak mense se koppe uit?
Wat maak dat hierdie oortreders só wreed teenoor hulle slagoffers optree? Hoekom sê hulle dikwels na die tyd dat hulle dit nie bedoel het nie, of dat hulle nie die persoon wou seermaak nie? Is daar hoop vir hierdie mense – sal hulle ooit kan rehabiliteer?
Wanneer jy bang word omdat jy beter voel
“Ja, om beter te voel is beter, maar dit maak my bang.”
Hoe raak geestesgesondheidmaand babas en peuters?
Ons hoor nie dikwels dat geestesiektes by babas en peuters gediagnoseer word nie. Gevolglik laat die woorde “baba” en “geestesgesondheid” in een sin maklik die wenkbroue lig.
Depressie kos SA R232 miljard per jaar
“Met meer as 9,7% van die Suid-Afrikaanse bevolking (of 4,5 miljoen mense) wat aan depressie ly, is die kanse redelik sterk dat die persoon wat langs jou in die kantoor sit in ʼn stadium in hul lewe met dié toestand te doen gehad het.”
’n Stukkende spieël
Terwyl jou masker jou dikwels help om net deur die dag te kom sonder te veel moeilike vrae, kan dit maak dat jy jouself begin verloor.
Van profielsamesteller vir reeksmoordenaars na gesonde kos – dit het alles te doen met jou brein
ʼn Mens kan nie help om te wonder hoe ʼn profielsamesteller van reeksmoordenaars dié ommeswaai na gesonde kos gemaak het nie. Pistorius glo die verskil tussen die dissiplines is nie werklik só ver uitmekaar nie.
Agt lesse uit die psigiatriese hospitaal
“Dit is finaal. Hier is ons nou. By die psigiatriese hospitaal. Ons is nie hier om vir iemand te kom kuier nie. Ons is hier sodat ek opgeneem kan word.”
Kleurryke veldtog om stigma te verwyder
Crazy for Walking is ʼn inisiatief wat van stapel gestuur word om die stigma rakende geestesgesondheid in fokus te plaas. Dus, Crazy for Walking-stappers spring op 1 September weg en beoog om Kaapstad op 10 Oktober, Wêreldgeestesgesondheidsdag, te bereik.
Aftrede: Moenie dat jou gemoed jou onderkry op jou oudag nie
As jy reeds in die “dryfsand” van negatiwiteit, selfverwyt, woede, magteloosheid en depressie beland het, onthou: Daar is hoop. Jy kan weer daar uitkom.
Esidimeni-tragedie: Families en pasiënte sal vergoeding ontvang
Die duisende psigiatriese pasiënte en hul families wat deur die Esidimeni-tragedie geraak is, sal binnekort aan ʼn arbitrasieproses kan deelneem waardeur hulle vergoeding sal ontvang vir die verliese wat hulle gely het.