“Ons is ingelig dat ons geen reg op onderrig en gesondheidsorg het nie, en dat guerrillagroepe daarop uit is om kinders te werf. Ons was desperaat en het besef dat ons kinders in groot gevaar was. Ons moes hulle uit die dorp wegkry om hulle te beskerm.”
Alles vir die sleutelwoord "Geopende Deure"
Luister: Word deel van gebedsaksie vir Midde-Ooste
“Christene in die streek voel dikwels vergete en daarom wil ons ons wêreldwye familie vra om deel te wees van hierdie gebedsaksie om God se lig in die Midde-Ooste te bring.”
Luister: Gebed hou Christene in Midde-Ooste sterk
Tog hou Christene in die land steeds moed. Hulle bly getuig van God se lig en nabyheid te midde van swaarkry in lande soos Sirië en Irak in die Midde-Ooste.
Gelowiges in Irak laat hoop voortduur
“Ons moet as een samelewing in vrede saamleef en vir mekaar omgee – anders is die toekoms van Christenskap in Irak baie donker.”
‘God se smokkelaar’ sterf
Die organisasie wat hy gestig het, Geopende Deure, het 1 400 werknemers wat geestelike en fisieke ondersteuning bied aan Christene in meer as 70 lande wat regerings-, militante en sosiale bedreigings in die gesig staar.
Video: Gelowiges in Sirië ʼn lig te midde van die oorlog
“Ons is ambassadeurs van Christus wat die boodskap van lig in die land versprei, en het in die naam van Jesus liefde en sorg aan mense in nood gebring.”
Luister: Verhaal van hoop te midde van vervolging in Indië
“Ek is bevrees die vervolging van Christene raak al hoe erger in Indië en het sedert 2014 skerp toegeneem. Die land is tans in die tiende posisie op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys, ʼn jaarlikse lys met die top 50 lande waar Christene die ergste vervolg word.”
Word geïnspireer om anders te leef
ʼn Opwindende nuwe geestelike program wat jou deur die verhale van vervolgde Christene sal inspireer, word op Geopende Deure Suider-Afrika se YouTube-kanaal uitgesaai.
Onwrikbare geloof help Indië se Christene om sterk te staan
“God het my egter nie verlaat nie. Wanneer my ma of suster saam met my gebid het, is ek deur die Woord van God en die krag van gebed opgehef en versterk.”
Luister: Indië bly steeds gevaarlik vir Christene
Indië is op die oomblik volgens Geopende Deure se internasionale Wêreldwaarnemingslys steeds die 10de gevaarlikste land vir Christene wat vervolging weens hul geloof betref.
Video: Geheime gelowige dien land wat haar verstoot het
Sy moes talle ontberings deurmaak weens haar geloof in Jesus, maar vandag reik sy met God se liefde uit na dié wat haar verwerp en in die tronk gegooi het.
Luister: Laat klokke beier vir Vervolgingsondag
Kente sê laastens die mense wat dit nie kan maak om Sondag ʼn erediens by hul kerk by te woon nie, kan dwarsdeur die dag by Geopende Deure se aanlyn geleenthede inskakel. Die aanbiedings gaan van 09:00 tot 21:00 beskikbaar wees.
Luister: Geopende Deure herdenk Vervolgingsondag
Die eerste Sondag ná Pinkster is wêreldwyd bekend as Vervolgingsondag en Geopende Deure is ʼn stem vir vervolgde gelowiges in meer as 60 lande oor die wêreld heen.
Herdenk Vervolgingsondag met kerkklokke wat lui
Vir die meeste Suid-Afrikaners is die vryheid om ons kerkklokke te laat lui ʼn voorreg wat ongemerk verbygaan. Alle Christelike kerke word uitgenooi om dié oggend om 09:00 hul kerkklokke in solidariteit met vervolgde Christene te lui.
Video: ‘God het my nooit verlaat nie’
“My volle vertroue is in God. Hy het my nooit verlaat nie. Hy sorg vir my en familie, en dit is die enigste rede waarom ons nog leef.”
Luister: SA bevoorreg om Paasfees vry te vier
Kente hoop dat almal hierdie Paasfees daaraan herinner sal word dat ons lewe in oorvloed het omdat ons vir Jesus, die Lewe, ken.
Uit die huis verjaag, maar God het voorsien
Hoewel sy sonder heenkome was, het Sarah geweet God sal vir haar voorsien. “Ek het in my binneste geweet dat Jesus my sal beskerm.”
Christen-vroue teiken van geslagsgebaseerde vervolging
Dié verslag onthul dat die Covid-19-pandemie Christen-vroue en -meisies selfs nog meer kwesbaar as tevore gelaat het.
Luister: Bid vir Noord-Korea
“Hulle weet dat hulle nooit alleen is nie wanneer hulle geloofsfamilie oor die hele wêreld saam met hulle bid.”
’n Dag in die lewe van ’n geheime gelowige in Noord-Korea …
Geloof in Jesus kan ʼn doodsvonnis wees in Noord-Korea. Daar is na beraming sowat 400 000 Christene in hierdie land – en hulle is almal geheime gelowiges.