Die medevlieënier Andreas Lubitz wat glo doelbewus ʼn Germanwings-vliegtuig in die Franse Alpe laat neerstort het, het glo verlede jaar aan sy meisie gesê hy beplan iets só erg dat die wêreld sy naam sal onthou.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Germanwings"
Alpe-vliegramp: Medevlieënier had psigiatriese probleme
Volgens berigte wat nou die wêreldmedia haal, blyk dit dat die medevlieënier van die Germanwings-vliegtuig, wat glo die vliegtuig doelbewus in die suide van Frankryk laat neerstort het, ’n lang geskiedenis van psigiatriese probleme gehad het.
Nuuskommentaar: Selfmoord-moorde van vlieëniers nie heeltemal onbekend
Die medevlieënier van Germanwings wat ‘n passasierstraler met 150 mense aan boord in die Franse Alpe laat val het, is nie die eerste vlieënier wat dit gedoen het nie. Daar rus ‘n onus op elkeen van ons om te let op mense om ons wat probleme ervaar dat dit reg, en sonder stigma, aangespreek kan word.
Alpe-vliegramp: Medevlieënier het vliegtuig glo ‘aspris’ laat neerstort
ʼn Franse staatsaanklaer het Donderdag tydens ʼn regstreekse perskonferensie bekend gemaak dat die medevlieënier van ʼn Germanwings-vliegtuig glo doelbewus die vliegtuig laat daal en die dood van 150 mense veroorsaak het.
Alpe-vliegramp: Vlieënier glo uitgesluit uit kajuit
Een van die vlieëniers van die Airbus A320 van die Germanwings-lugredery wat Dinsdag in die suide van Frankryk neergestort het, het volgens data van die kajuitopnemer kort voor die ongeluk die kajuit verlaat en kon nie weer inkom nie.
Alpe-vliegramp: Twee operasangers was aan boord
Twee operasangers was aan boord die vliegtuig wat Dinsdag in die Franse Alpe neergestort het en waartydens al 150 persone aan boord gesterf het. Foto’s van die ongelukstoneel volg onderaan die berig.
Duitsland-vliegtuig stort glo neer in Alpe
ʼn Airbus A320 van die German Wings-lugredery het Dinsdag in die suide van Frankryk neergestort.