Die huidige botsing tussen die ANC-regering en die regbank is niks nuuts in ons land nie. In die ou Transvaalse en Vrystaatse republiek het iets soortgelyks ook gebeur, met verskillende uitkomste.
Alles vir die sleutelwoord "geskiedenis"
Poemas maak geskiedenis teen futlose Bokke
Argentinië het Saterdag geskiedenis gemaak deur die Springbokke vir die eerste keer te klop met hulle 37-20 sege in die Rugbykampioenskap in Durban.
In memoriam: Stephen Ellis
Dit is hoe ek hom sal onthou: die lang man met die helder oë, die forse en kritiese blik van ’n historikus, die energieke deelname aan besprekings. Hy het onverpoos gesoek na die historiese feite, maar selde sonder ’n kwinkslag iewers daarby.
In diepte: Monumentale fiasko om die geskiedenis weg te vandaliseer
Die vandalisering van standbeelde het die nuus vroeër vanjaar oorheers, tot talle debatte gelei en groot ongemak veroorsaak in ’n land waar rasseverhoudings reeds broos is. Maar wat is die eintlike redes agter die beskadiging van standbeelde? En is dit iets wat eie is aan Suid-Afrika?
FAK se teenvoeter vir wanvoorstellings van Afrikanergeskiedenis
Dawie du Plessis het ʼn verslag vir die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum opgestel oor die “leuens, foute en wanvoorstellings” wat in die gr. 4 tot 12-kurrikulum oor die Afrikanergeskiedenis vervat is. Du Plessis het ʼn opsomming van die verslag verskaf en ook verduidelik wat lesers en die FAK tans doen om dit reg te stel.
Die trotse geskiedenis van Pretoria se oudste leeskring
Mabel Malberbe het in 1912 die Afrikaans-Hollandse Leesunie in Pretoria gestig, en in 1940 het die Mabel Malherbe Leeskring ontstaan omdat die Leesunie nie meer lede kon aanvaar nie.
Video: Vrystater se Boereoorlog-plan
ʼn Boorling van die Vrystaat beplan ʼn fietstoer deur die land om wit en swart slagoffers van konsentrasiekampe se lewe te herdenk.
Luister: Navorser bespreek Rhodes-monument geskiedenis
Anne Redelinghuys, ʼn omroeper van Radio Namakwaland in die Vredendal-omgewing, het met Hendrik van Zijl, ʼn navorser en bekende in die radiostasie se opvangsgebied, gesels oor die Rhodes-monument debakel.
Afrikanergeskiedenis, ons prioriteit
Danie Langner gee ‘n paar praktiese wenke wat jy self kan doen om seker te maak die geskiedenis bly behoue vir die nageslag.
Oom Herrie se kerrie: Jan van Riebeeck en Jacob Zuma se ware geskiedenis
Die Kaap van Storms was nog maar altyd wild, skryf Oom Herrie:
Luister: Groote Kerk in Kaapstad vier fees
Die NG Kerk Kaapstad, ook bekend as die Groote Kerk, vier vanjaar 350 bestaansjare sedert die totstandkoming van die eerste Christelike gemeente in Suid-Afrika.
Geloftedag: Leef trots!
“Gaan huis toe en leef trots. Leer jou kinders om as moderne Afrikaners trots te leef,” skryf dr. Danie Langner.
Koos de la Rey in die 1914 Rebellie en sendingwerk in die Midde-Ooste
Die historikus, Jackie Grobler, verduidelik wat Koos de la Rey se rol in die 1914 Rebellie was en ons gesels met Nico en Corné Liebenberg oor hulle sendingswerk in die Midde-Ooste.
Die 1914 Rebellie en die Seisoene van Vrouwees konferensie
Jackie Grobler praat oor die 1914 Rebellie. Nadia Beukes en Valeska Muller is ook in die ateljee om jou meer te vertel van die Seisoene van Vrouwees konferensie.
Radiodrama herdenk die dood van De la Rey
Aanhangers van Koos de la Rey kan nou vir die eerste keer in klank hoor hoe die intrige rondom die laaste ure van dié bekende leier se lewe ontvou.
Egpaar bedank glo na gebaretolk-debakel
Twee ANC-werknemers wat verbind word aan die bedrieglike gebaretolk wat ʼn oproer veroorsaak het tydens oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens, het glo bedank.
Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man
Die bedrieglike gebaretaaltolk by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens is glo deur ʼn maatskappy aangestel wat deur Bantubahle Xozwa, hoof van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake, besit word,
Gebaretaaltolk: NVG kry nie hofdokumente nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê daar is tans geen hofdokumente beskikbaar oor ʼn moordsaak waarby die “bedrieglike” gebaretaaltolk van Nelson Mandela se gedenkdiens betrek word nie.
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister vir mense met gestremdhede, het Donderdag gesê dit was ʼn fout om van Jantjies se dienste gebruik te maak vir die gedenkdiens van oud-president Nelson Mandela, maar dit is nie iets waaroor Suid-Afrika verleë hoef te voel nie.
SAUK swyg oor Zuma-uitjouery
Terwyl media wêreldwyd die uitjouery uitgesaai het wat pres. Jacob Zuma Dinsdag tydens die gedenkdiens van oud-pres. Nelson Mandela in die ENB-stadion in Soweto te beurt geval het, het die SAUK glo besluit om hieroor te swyg in sy hoofnuusbulletins, het die City Press Woensdag berig.