Die land is in ʼn krisis en daar sal beslis iets gedoen moet word en met nuwe oë gekyk moet word na selfbeskikking.
Alles vir die sleutelwoord "geskiedenis"
Onthou Majuba!
Die vraag is wat ons, vandag in 2017, “onthou”. Waaraan klou ons vas en watter leuse dien vir ons as motivering? Vandag, waar die Afrikaner as ʼn minderheid moet veg vir sy eie oorlewing, dié van sy taal en dié van sy kultuur is daar een baie gepaste slagspreuk.
Ken mekaar se geskiedenis
Die vraag is egter of groter kennis van mekaar se geskiedenis in Suid-Afrika nie die polarisasie wat oor ’n wye front ervaar word, sal kan help besweer nie?
Wannsee en die ‘finale oplossing’
Naas Auschwitz is Wannsee die makabere simbool van die dieptes waartoe mense kan daal, skryf Leopold Scholtz.
‘Amerika Eerste’, ʼn klap vir die wêreld
Vergeet die ideologie van etnisiteit en volksnasionalisme as enigste saligmakende idee onder die hemel. Dink prakties. Die grootste ellende in die afgelope 150 jaar is deur starre ideoloë – links én regs – meegebring, skryf Leopold Scholtz.
ʼn Brief aan Julius: Oor grond en plek
Ons het nie as Afrikaners hier aangekom nie. Ons het hier Afrikaners geword. Ons naam en taal is vernoem na Afrikagrond – Afrikaner en Afrikaans. Afrika is in ons bloed en ons bloed is in Afrika, skryf Dirk Hermann.
Kom ons bou!
Kom laat ons dus nie mekaar moedeloos praat nie. Die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie weggaan nie, en die toekoms gebeur nie vanself nie, skryf Flip Buys.
Boek: Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes
Afrikanerjoernaal neem sy leser op ’n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – ’n jaar lange verkenningstog wat die volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep. Lesers kan verwonderd staan oor die minder bekende detail wat oor groot en kleiner gebeurtenisse weergegee word.
Geloftedag
Ons moet egter onthou dat vandag se jeug nie vanself opgewonde gaan raak oor iets wat amper 180 jaar gelede gebeur het nie maar dat hulle van kleins af moet leer waarom 16 Desember so ʼn spesiale dag is.
Is Geloftedag nog relevant?
Wat maak die Gelofte en die gebeure rondom die Slag van Bloedrivier vir ons relevant vandag? Christoff van Wyk stel ondersoek in.
Politieke etikette só geskommel
Die politikus wat die naweek deur die lede van die Franse Republikeine as presidentskandidaat in aanstaande jaar se verkiesing aangewys is, François Fillon, is in die Europese media beskryf as “regs”, “konserwatief” en “liberaal”. Vir Suid-Afrikaanse lesers kan dit teenstrydig klink. Hoe kan iemand sowel konserwatief as liberaal wees?
Oostenryk: 100ste sterfdag van Keiser Frans Josef I
Op 21 November 1916 het die keiser van Oostenryk-Hongarye (ook bekend as die Habsburg Ryk), Frans Josef I, gesterf. Hy was 86 jaar oud en het 68 jaar lank regeer.
Van gemeenskap tot stad
Respek is die sleutel vir gelukkige gemeenskappe en ʼn florerende stad.
Einde van WOI beteken begin van WOII
Die einde van die Eerste Wêreldoorlog word vandag, 11 November 2016, wêreldwyd gevier. Flip Buys ondersoek waarom die einde van die Eerste Wêreldoorlog met reg as die begin van die Tweede Wêreldoorlog beskou word.
Die groter ideaal: Taal, onderwys en universiteite in die lewe van die Afrikanervolk
Dit mag loon om ʼn veer te neem uit die hoed van Afrikaners wat gebou het.
Ekstremiste het almal gemene delers
My pa het altyd vir my gesê: Enigiets waar ʼn “te” voor staan – vermoedelik behalwe “tevrede” – is fout. As jong man het ek uiteraard gedink ek weet beter. Vandag besef ek my pa was wys. Wees versigtig vir ekstremiste van welke aard dan ook!
Kampusgeweld moontlik ‘20-jaar-verskynsel’
Kom ons hoop dat die nodige leierskap in Suid-Afrika ontwikkel om hierdie voorkomende instandhouding te doen, om te sorg dat ons mooi land nie nog ʼn ongeval op hierdie groot vasteland word nie.
Het jy al van TED Talks gehoor?
So ʼn paar jaar terug het ek my eerste TED Talks-video gekyk en ek was dadelik versot daarop. TED se slagspreuk beskryf alles: “Idees wat die moeite werd is om te versprei.”
Haatspraak en leuens oor grondbesit
Maar wie besit eintlik hoeveel van die grond in Suid-Afrika? Die argumente is dikwels ʼn spul warm lug, gewilde retoriek en rassistiese uitlatings.
Supergom van ʼn diep verdeelde nasie
ʼn Dag waarop Suid-Afrikaners hande sal vat verklaar: “Vandag skuif ons al ons ander verskille opsy… Môre baklei ons verder.” Is dit te veel gevra? Ter wille van ʼn beter lewe vir al ons kinders?