Die voorval is een van twee oor die naweek in dié provinsie waarin vroue deur mans vermoor is.
Alles vir die sleutelwoord "geslagsgeweld"
Laat boewe harde arbeid doen – Ramaphosa
“Dit moenie lekker wees vir misdadigers in die tronk nie,” sê pres. Cyril Ramaphosa.
Hekelmarathon hoop om 42 000 wolblomme op te lewer
Dié blomme gaan verkoop word om slagoffers van geslagsgeweld by te staan.
Geweldsmisdaad is almal in SA se probleem, sê paneel
“Hierdie land het nou ʼn morele herlewing nodig om te verseker dat die siklus verbreek word.”
Vrou nou sélf verdagte ná vals klagte
Die polisie waarsku mense om nie klagte oor verkragting te versin nie.
Cele: ‘Élke polisiestasie hét verkragtingstoetsstelle’
Groot kommer het vroeër vanjaar bestaan omdat tientalle polisiestasies nié die stelle gehad het nie.
Aanlynslenters: van romantiese beloftes tot trane en finansiële ruïnering
“Dit is asof hulle presies weet wanneer ʼn vrou weerloos is en presies weet hoe om dit uit buit. Hulle bestudeer hul slagoffers op sosiale media en ken jou later beter as wat jy jouself ken.”
Oud-sportafrigter in hof vir seksuele aanranding
Die man se regspan het vroeër aan die direkteur van openbare vervolging geskryf en gevra dat die besluit om hom te vervolg, hersien word.
Konsepwet: Seksuele misdade verjaar nie meer
Die kabinet het twee ingrypende konsepwetsontwerpe aanvaar, wat nou in die parlement ter tafel gelê sal word
Ontvoer en verkrag: Man dreig tiener glo met dood as sy vertel
“Sy begin nou nagmerries kry en ons het ʼn vermoede sy begin dalk onthou wat in daai vier ure gebeur het.”
Kampusveiligheid: dís die plan
Die verskillende rolspelers het ooreengekom om ʼn taakspan op die been te bring wat korttermyn- en langtermynoplossings vir veiligheid op en rondom kampusse moet vind.
Ninow-vonnis wyd verwelkom
“Hoewel die lewenslange vonnis nie die herinnering van die lyding wat sy moes deurmaak kan wegneem nie, hoop ons dat dit minstens ʼn mate van geregtigheid en afsluiting vir die familie bring.”
Dros-verkragting: ‘Daar is ánder kant aan hom ook’
Trane het vryelik oor Ninow se wange gestroom terwyl sy ouma ter strafversagting getuig het. ʼn Polisievrou het aan hom ʼn snesie gegee om sy trane mee af te droog.
Onnie vas vir statutêre verkragting
“Ons wil beklemtoon dat Orania se gemeenskapsinstellings en Volkskool in besonder uit eie beweging en so vinnig en ondubbelsinnig as moontlik op die saak gereageer het en alle moontlike bystand aan die ondersoek verleen.”
Man van boendoehof gered; agter tralies vir ‘moord, verkragting’
“Die verdagte was soek sedert die misdade wat hy na bewering verlede jaar in die Marble Hall-omgewing gepleeg het.”
3-jarige vermoor, boetie ernstig beseer
Die polisie het nie verdere besonderhede oor die man se dood bekend gemaak nie. Dit is ook nie bekend waarom hy die kinders glo aangeval het nie.
Man in hof ná verkragting op Oos-Vrystaatse plaas
Sy was in die bad toe haar vermeende aanvaller glo ʼn spaarsleutel gebruik het om die huis binne te gaan.
Vroue dra die las van geslagsgebaseerde geweld
“Ons maatskaplike werkers kan getuig dat die basis van geweld ʼn emosioneel ontwrigte agtergrond kan insluit soos geweld of verwerping. Ons kan duidelik sien hoe dit tot emosionele isolasie lei, wat wrokkigheid en woede kan veroorsaak wat in geweld kan oorkook – wat makliker is om op iemand uit te haal wat minder geneig sal wees om terug te veg.”
Mthembu byna in trane oor geslagsbaseerde geweld
“Julle sal my moet verskoon as ek emosioneel raak wanneer ek oor vroue praat want baie van ons het dogters.”
Bob Hewitt bly agter tralies; minister beveel hersiening van parool
Die minister het Sondag in ʼn verklaring gesê hy het met kommer kennis geneem van die gebrek aan deelname deur slagoffers in die parool-oorwegingsproses.