Die Kommissie van Ondersoek wat aangestel is om die ineenstorting van die Grayston-brug in Johannesburg te ondersoek, het alle mondelinge getuienis aangehoor en slotbetoë sal binnekort ingedien word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Grayston-brug"
Grayston-brug: Ingenieur weier om vrae te beantwoord
Hy wou weereens nie verduidelik hoekom die konstruksiewerk voortgegaan het sonder ladingsassesserings nie en wou ook nie aan die kommissie sê wie verantwoordelik was vir inspeksies op die bouterrein nie.
Grayston-brug: Nuwe inspekteur vir ondersoek
‘n Nuwe toesighoudende inspekteur is aangestel vir die ondersoek oor die ineenstorting van die Grayston- voetganger en fietsrybrug in Oktober 2015.
Grayston-brug: Ondersoek wéér uitgestel
Die ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die tydelike brugstruktuur by die Grayston-afrit op die M1 in Johannesburg is na volgende jaar uitgestel.
Grayston-brug: Ondersoek na 2017 uitgestel
Die departement van arbeid het Maandag gesê die ondersoek oor die ineenstorting van die tydelike brugstruktuur by die Grayston-afrit op die M1 in Johannesburg, is tot volgende jaar uitgestel.
Ondersoek na M1-brugineenstorting gou hervat
Die departement van arbeid het Vrydagoggend gesê die ondersoek na die M1-brugineenstorting sal binnekort hervat word.
M1 tydelik gesluit vir reinigingseremonie
ʼn Gedeelte van die M1-snelweg naby die Grayston-afrit waar ʼn voetgangerbrug, wat nog in aanbou was, verlede maand ineengestort het, sal Vrydag vir ʼn kort rukkie gesluit wees vir ʼn reinigingseremonie.
Arbeidsdepartement sê oor ineenstorting van M1-brug
Die departement van arbeid het Woensdag ʼn mediakonferensie gehou om “voorlopige bevindinge” in die ondersoek na die M1-brug ineenstorting bekend te maak.
Brug stort ineen: Voorlopige verslag verwag
Die departement van arbeid sal na verwagting Woensdag sy voorlopige verslag oor die ineenstorting van ʼn brug oor die M1 tussen Sandton en Wynberg in Gauteng vrystel.
Ondersoek na M1-brugineenstorting steeds aan die gang
“Ons wil nie bespiegel oor moontlike oorsake nie. Die ondersoekproses moet sy gang gaan om te bepaal wat tot hierdie tragiese voorval gelei het.”
Maatskappy wag op uitslag van ondersoek ná brug val
“Ons is net so besorg soos almal om te verstaan wat gebeur het en beloof om die inligting bekend te maak sodra die ondersoeke afgehandel is.”
Brug stort ineen: M1-snelweg weer oop
Die M1-snelweg is weer oop vir verkeer nadat dit Woensdagmiddag gesluit is toe ʼn voetgangerburg wat steeds in aanbou was, ineengestort het.
Brug-ineenstorting: Derde persoon sterf
Nóg ʼn persoon wat beseer is toe ʼn voetgangerbrug wat nog in aanbou was oor die M1-snelweg naby Sandton ineengestort het, het gesterf.
Brug stort ineen: M1 bly gesluit
Parks Tau, burgemeester vir Johannesburg, het laat Woensdagaand gesê dit is onwaarskynlik dat die M1-snelweg Donderdag oopgemaak sal word vir verkeer.
[Foto’s] Twee dood, talle beseer na brug op snelweg val
Twee mense is dood en minstens 15 beseer nadat ʼn tydelike brug by die Grayston-afrit op die M1-snelweg in Sandton ineengestort het.