“Solank die stemme van burgerlikes wat deur soldate (aan albei kante) gemoor, verkrag, beroof, aangerand, ontwrig en ontwortel is, nie gehoor word nie, moet ons maar liewer wag met die aanwys van die wenners van die Grensoorlog,” skryf Louis Bothma.
Alles vir die sleutelwoord "grensoorlog"
Die waarheid wat talle self beleef
“Die SA Weermag het ná sy “klinkende militêre oorwinning” in Angola nie tot die oorlog van woorde toegetree nie. Daarenteen het die ANC en die Kubane in hul propaganda-oorlog leuens en disinformasie gesaai,” skryf Johan Kruger.
Wenners? Ek sien net verloorders
“Daar was nie wenners in die Grensoorlog nie. Hy sien net verloorders,” skryf Louis Bothma, oudsoldaat van die berugte 32 Bataljon. Bothma reageer op die boek ‘Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika’, wat deur genl. Jannie Geldenhuys saamgestel is.
Ons was daar – maar nie by Cuito nie.
[Toespraak van generaal-majoor Marius (Mo) Oelschig, SAW (afg.) tydens die bekendstelling van die boek Ons was daar, saamgestel deur generaal Jannie Geldenhuys, uitgegee deur Kraal Uitgewers.]