Frans Steyn het al menige rugbyspan met sy skopskoen gekelder.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Griekwas"
Griekwas laat Bulls amper op Loftus bloos
Die Griekwas het in die openingsalvo vir die Bulls gewys presies waar Dawid die wortels op Loftus Versfeld gegrawe het.
Griekwas-afrigter gereed vir enige uitdaging
“Ek is gemaklik om in enige hoedanigheid betrokke te wees, solank ek net kan afrig.”
Dialekskat van Afrikaans gevier
“Die invloed van inheemse tale op Standaardafrikaans strek veel wyer as die opname van ’n paar leenwoorde. Op elke analisevlak kan die invloed van Afrika aangetoon word.”
Griekwas maak ook in nuwe kompetisie sy stem dik
ʼn Curriebeker-titel was in 1970 laas vir Griekwaland-Wes beskore, maar in Suid-Afrika se naasbelangrikste plaaslike kompetisie is die Poubloues koning.
Sharks se skietgoed te veel vir gewillige Griekwas
Daar is net eenvoudig geen keer aan die Sharks nie. Hulle het Vrydagaand in Kimberley hulle agste opeenvolgende oorwinning behaal en is feitlik verseker van ʼn tuishalfeind.
Griekwas se terugvegpoging net-net nie goed genoeg nie
Daar is gehardloop en gehardloop, en die keerwerk was miskien nie altyd van die beste nie, maar die wedstryd tussen die Blou Bulle en Griekwas het nietemin die (baie) klein Loftusskare Vrydagaand met 11 drieë vermaak.
Wat het van régte Curriebekerrugby geword?
Ai, waar is die dae van ware Curriebekerrugby tog!
Vrystaat onoorwonne in drieëfees
Die Vrystaat Cheetahs het hulle onoorwonne rekord in die ligafase behou toe hulle Griekwas Saterdag in Bloemfontein in die heel laaste ronde van die Curriebeker-rondomtalie 63-26 geklop het.
[Foto’s] Blou Bulle vs Griekwas
Die Bulle het Griekwas op Loftus 57-20 geklop, agt drieë insluitende ʼn strafdrie op die telbord geplaas en net twee afgestaan, en lyk skielik na ʼn bedreiging vir die ander spanne in die reeks. Hulle is nou tweede op die puntelys.
Bulle hardloop Griekwas kis op Loftus
Nollis Marais werk al van verlede jaar af aan volkome rugby, en dit is tot dusver hier en daar gesien. Dit was egter Vrydagaand duidelik dat die Blou Bulle hierdie nuwe benadering onder die knie begin kry.
Griekwas bly op koers na Boland se loesing
Jy kan nie sonder die bal speel nie. Ondanks ʼn paar indrukwekkende skrums aan die begin, was besit die Boland se grootste probleem in sy neerlaag Donderdagaand teen Griekwas in Kimberley. Griekwas het 46-22 gewen.
Griekwas mik teen Boland na derde plek op puntelys
Dit is sewe jaar sedert Griekwas en die Boland laas in die Premierliga van die Curriebekerreeks teen mekaar gespeel het, en Donderdagaand (19:00) op Griekwapark is vir albei ʼn spesiale wedstryd.
Griekwas ná skrik teen OP nou derde op puntetelys
Die OP Kings het Woensdag met hul ‘tweede span’ verras toe hulle rustyd 17-14 voor was teen Griekwas in Kimberley, maar ná vyf drieë deur die tuisspan in die tweede helfte het Griekwas 47-24 gewen.
Kings gebruik twee spanne in hul drie wedstryde
Dis darem eintlik nie reg in hierdie dae van afgewaterde Curriebekerrugby dat die span vir wie niemand ʼn kans gun boonop drie wedstryde binne sewe dae moet speel nie.
Twee keerpunte kelder die Pumas
Twee keerpunte, een binne die laaste drie minute voor rustyd, en toe na ʼn fratsdrie sewe minute voor die einde, het Saterdagaand aan Griekwas ʼn naelskraap-oorwinning van 41-35 oor die Pumas in Nelspruit besorg.
Griekwas skok die Leeus in Kimberley
Die Griekwas het Saterdag op Griekwapark in Kimberley herbevestig hoe moeilik dit is om hulle daar te klop toe hulle hulle die verdedigende Curriebekerkampioen, die Goue Leeus, se wensiklus verbreek en hulle 30-24 geklop het.
Leeus trek Superspelers nader
Die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann het drie veranderinge gemaak aan die span wat verlede week teen die Pumas gewen het vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen Griekwas in Kimberley.
Kings en Boland het albei heelwat te bewys
ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.
Regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie
Dis Saterdag regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie.