Die Griffonsligas in die Oos-Vrystaat en die Sandveld het vanjaar drie nuwe kampioene gekroon.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Griffonsliga"
Griffons-Oos: kampioen hou kans lewend
Die verdedigende kampioen in die Griffons se Oosstreek (Oos-Vrystaat), Bethlehem-oudskoliere, het Saterdag sy kans om weer die Willie Crowtherbeker te wen lewend gehou deur sy kwarteindstryd te wen.
Griffons-Oos: sake loop skeef vir kampioene
Vanjaar se Griffons-Oos-ligas het allermins vir die verdedigende kampioene verloop soos hulle dit sou wou hê.
Griffons-Oos: sleutelstryde in Willie Crowther
Twee sleutelstryde in die Griffons se Oosstreek se reeks om die Willie Crowtherbeker lê Saterdag voor.
Griffons-Oos: Twee klubs stapel honderdtalle op
Twee klubs het Saterdag honderdtalle opgestapel in die jongste weekronde van die Griffons se Oos-Vrystaatse streek, wat heelparty hoë tellings en hordes drieë opgelewer het.
Sandveldliga: Hoopstad, Parys gee die toon aan
Hoopstad en Parys gee die toon aan in die Griffons se Sandveldliga wat reeds ver gevorder het.
Sandveldliga: vier deurslaggewende stryde wag
Groot afwagting heers in die Griffons se Sandveldstreek waar vier wedstryde Donderdag bepalend sal wees in die aanloop tot die uitspeelwedstryde.
Griffonsliga: Kroonstad klop voorloper in reeks
Kroonstad het Saterdag op sy tuisveld die voorloper in die Griffons-Luiperdsoorgrensreeks se Tweede Liga geklop.
Griffons-Oos-liga: Marquard skud voorloper
Marquard het Saterdag grootliks verras deur die voorloper in die Suidstreek van die Griffons-Oos-liga oortuigend te klop.
Griffonsliga: Goue Bekerspan veg terug vir sege
Die Griffons se kampioen en Goue Bekerspan, Rovers van Welkom, moes Saterdag kwaai terugveg om sy derby teen Welkom in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga te wen.
Griffons-Oos: Oudskoliere stewiger, Reitz voor
Bethlehem-oudskoliere is ná Saterdag se halfpadmerk in die Griffons-Oosliga stewiger op die voorpunt in sy groep ingegrawe, en die kampioen, Reitz, loop nou voor in sý groep.
Sandveldliga: voorste spanne aan die wenkant
Die voorste twee spanne in die Sandveldliga was albei Donderdag aan die wenkant.
Griffons-Oos: punte gee moet rugbybase kwel
Dit moet die Oos-Vrystaatse rugbybase kwel dat twee klubs in week ses (7 Mei) van die streekliga punte gegee het op `n tydstip waar die reeks hoogspanning tussen die voorste spanne bereik.
Griffonsliga: ysters het Welkom in rep en roer
Welkom se rugbygemeenskap is in rep en roer met die derby Saterdag tussen Rovers en Welkom in die Griffons-Luiperds-oorgrensliga wat die grootste belangstelling in jare uitlok.
Hiëna-broederskap trek Gemsbokke plat
Die met broers besaaide span van Heilbron het Saterdag Bethlehem-oudskoliere II se Gemsbokke in die Griffons-Oosliga platgetrek.
Sandveld: Hoopstad kry slae, Bothaville sweet
Verlede jaar se twee topspanne in die Griffons se Sandveldliga het dit nie Donderdag alte maklik gehad nie.
Oos-Vrystaat: kollig op Ladybrand en Senekal
Die sleutelkragmeting Saterdag in die Griffons se Oos-Vrystaatse liga is dié in die Suidgroep tussen Senekal en Ladybrand.
Sandveldliga: sleutelwedstryde vir voorlopers
Twee uiters belangrike wedstryde in die Sandveldliga vind Donderdag plaas, laat weet Hennie Stander die bestuurder van die liga.
Sandveld: Bothaville wikkel om Tikwe te klop
Bothaville, verlede jaar se naaswenner van die Griffons se Sandveldliga, moes Donderdag wikkel om die Tikwe Tigers te klop.
Oos-Vrystaat: Oudskoliere, Reitz voor in liga
Bethlehem-oudskoliere (Suid) en Reitz (Noord) is die voorlopers in die twee groepe van die Oos-Vrystaatse liga.